Elsabe Brits, 'n bekroonde joernalis, vertel vir Ilse Salzwedel oor haar nuwe boek EMILY HOBHOUSE: GELIEFDE VERRAAIER. Dr. Fanie Marais van die Cordis Trust gesels oor die vyf boeke wat die trust vanjaar gepubliseer het. Die ATKV se Filmverse 2 is nou op DVD beskikbaar. Vind meer uit oor hierdie unieke projek wat animasie met Afrikaanse digkuns kombineer. Johan Myburg gesels weer oor die internasionale letterkunde, onder meer oor Frederick Botha se benoeming vir 'n internasionale PEN-prys.