Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert, bekroonde skrywer van historiese fiksie, oor haar splinternuwe roman IMMER WES. Irma vertel ook van die belangstelling in haar werk in Nederland, Duitsland en die VSA, en hoe die markte verskil. Ilse Salzwedel gesels met die besoekende Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg, skrywer van Tirsa, wat deur Lina Spies in Afrikaans vertaal is. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die daling in die verkope van e-boeke.