Ilse Salzwedel en prof. Willie Burger gesels met prof. Jerzy Koch, hoof van die Universiteit van Poznan in Pole se departement Afrikaans, oor sy liefde vir en werk oor Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n huldeblyk vir die oud-uitgewer en kinderboekskrywer, Leon Rousseau, 'n man wat diep spore in Afrikaanse letterkunde getrap het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die lewe, werk en nalatenskap van Umberto Eco en Harper Lee, wat albei onlangs oorlede is. Madri Victor gesels oor die hoogtepunte tydens die Skrywersfees van die US Woordfees, wat volgende week in Stellenbosch gehou word.