Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopleesdag, wat op 5 Februarie gevier word. En, daar is nuus oor die Breytenbachsentrum se Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool. Johan Myburg vertel meer oor die Engelse vertaling van die Nobelpryswenner Han Kang se jongste roman, WE DO NOT PART, en Mike Herron, wenner van die Britse Diamond Dagger-toekenning vir misdaadfiksie. Johan gesels ook oor Frank Cottrell-Boyce, Brittanje se Children’s Laureate (amptelike kinder- en jeugskrywer), en sy werk om die belangrikheid van kinders wat lees onder die Britse regering se aandag te bring.