Spaarwiel die Podcast

Spaarwiel die Podcast

By Eduan KrugerBusinessInvesting
Download on the App Store

Spaarwiel die Podcast episodes

  • 041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings!

    In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê:

    1. Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer.
    2. Begin
    3. Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap'
    4. Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die langtermyn nodig het.
    5. Moenie met geleende geld belê nie
    6. Bele slegs in individuele aandele as jy kennis het van die maatskappye en hul mark, finasiele toestand, kompetisie etc.
    7. ETF's , Beleggingsfondse en/of Mutual funds is die beste opsie indien jy nie kennis het hoe om 'n effektiewe portefeulje op te bou met individuele aandele nie.
    8. Betaal jouself eerste! (luister om te verstaan)
    9. Moenie die koerse en markte probeer time nie.
    10. 'Papier verlies' - Moenie verkoop as die mark onderuit gaan nie. Want op die manier maak jy jou teoretiese verlies 'n werklikheid. "buy the dip" ; "be greedy when others are fearful"
    11. Tyd!
    12. 'n Lae koers beteken nie 'n aandeel/etf is goedkoop nie!
    13. Diversifiseer
    14. Belê belastingslim! (RA's, TFSAs/TFIAs)

    15. 17 min
    16. 040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTF

      In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan.


      Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie.


      Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom:

      • Uniekheid,
      • "Longevity" en volhoubaarheid,
      • Onafhanklikheid
      • Asook passie vir wat jy doen en aanpak,
      • Tot eienaarskap neem van moeilike besluite en gesprekke
      • ... en vele meer

        36 min
      • 039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn!

        Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg:

        • Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs),
        • asook,

          • Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs

          • SARS inkomste belastingskale 2023-2024

            27.5% reel rondom RA's / Pensioen beleggings

            TFIAs/TFSAs/BVFe

            10 min
          • 037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy?

            In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê:

            1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings.

            2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of

            3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities)

            4. Belê jy in los aandele of 'mandjie fondse' soos ETFs, Index funds ens.

            5. Local of Offshore?


            Die goue reels van beleggings wat aansluit by die episode sluit in:

            1. Begin! Jy moet erens begin.

            2. Belê belasting slim.

            3. Emosies

            11 min
          • 036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin?

            Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes:


            In die episode bespreek ons:

            1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid)

            2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant!

            3. 'n Paar van die grootste hindernisse / struikelblokke wat mense keer om te begin met beleggings (kennis en tasbaarheid).

            4. Wat dit eintlik beteken om aandele te 'koop'. (jy word 'n eienaar / aandeelhouer)

            5. Waarin kan ons belê? (Aandele, effekte/bonds, eiendom, 'Mandjie fondse' (ETFs, indeksfondse, Mutual funds, Unit trusts) ... selfs eksotiese produkte soos ou karre, whisky of kuns ens.)

            6. Een van die belangrikste 'goue reels' van beleggings: ... "slegs bele met geld wt jy vir 'n laaaangtermyn nie nodig het nie"


            14 min
          • 035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!

            Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is.

            Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie.

            Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens.

            Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie.


            Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwele, lidmaatskap by die duurste gholfbaan ens.) is die geld nie meer joune nie. Dit is nie meer deel van jou 'welvaart-potjie' nie. Dit laat jou natuurlik ryk voorkom. Maar jy moet wikkel en vinnig nog geld maak sodat jy dit weer kan spandeer op die volgende duur - en miskien onnodige - item.


            Besef dalk eers hoekom jy meer geld wil verdien voordat jy al die tyd, stress en moeite aangaan om daardie geld te maak en dit dan net gelyk weer uitgee aan die wêreld en op materialistiese dinge.

            7 min
          • 034. Mediese versekering - met Ina Fourie van FFG

            In die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG.

            Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering.


            Ons gesels onder andere oor:

            • FFG se rol en hoe FFG werklik waarde toe te voeg vir die klient as dit kom by medies en mediese versekering
            • Mediese verskeraars
            • Jou mediese premies
            • GAP cover
            • Hospitaal planne en
            • Omvattende mediese versekering ens.

            • Ina deel 'n paar waardevolle tips oor hoe ons ons geld en mediese spaarplan kan beskerm deur rekord te hou van ons mediese uitgawes en seker te maak dat enige kostes reg geklasifiseer word. Tussenin kom daar nog baie mooi tips verby!


              Skakel in, sit terug en luister lekker saam!


              Vir enige opvolg vrae kan jy gerus kontak opneem met Ina en/of die webtuiste van FFG besoek.


              www.ffg.co.za

              30 min
            • 033. 53 jaar oud en byna geen pensioen opgebou... Wat nou?

              Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag.

              Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel.


              Die kort en die lank van die verhaal kom neer op:

              - Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link in die shownotes nat CJ Smit van FFG se epos toe)

              - Wees realisties!

              - Neem onmiddelik aksie!

              - Vind 'n manier om met volhoubare dissipline 1. Jou lewenskoste tot op die been te sny, en 2. Meer geld maandeliks te belê vir jou uiteindelike pensioen (al is dit R10 meer).

              - Spaar en belê belasting-slim! So maak jy seker dat jy meer geld terug kry van SARS wat jy weer kan gebruik om vir jou 'n nood- en bufferfonds op te bou nadat al jou skuld afbetaal is. En uiteindelik nog meer te kan belê vir jou oudag.

              - Kyk of daar 'n moontlikheid is of jy 'n paar jaar ekstra kan werk. Voltyds of deeltyds, en verkieslik kan jy iets doen wat jy geniet terwyl jy betaal word daarvoor selfs in jou pensioenjare.




              23 min

            About Spaarwiel die Podcast

            From the publisher's feed

            Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil!