Meet is weet! Kennis is Krag! Knowledge is Power!
'n Begroting (*budget* van hier af vorentoe) is die spesiale hulpbron of geheime wapen in ons persoonlike finansies wat verseker dat ons elke maand weet hoeveel geld en aan wat ons die geld kan spandeer.
'n Budget is daar as 'n riglyn sodat ons maand na maand ons finansies goed bestuur.
Wanneer ons fokus om ons finansies van maand na maand goed te bestuur is dit aansienlik makliker om ons langtermyn finansiële doelwitte ook te bereik.
Vir Lourie (ons gas op die episode) is 'n budget 'n baie belangrike onderdeel van sy en Mica (sy vrou) se finansies. Hy voel sterk oor die 'meet is weet' konsep. Lourie is verder ook van die opinie dat 'n budget ander belangrike doele verrig in 'n huwelik (want kom ons wees eerlik, geld en finansies speel 'n groot rol in 'n huwelik):
Te verseker dat beide in die huwelik kan verstaan wat is moontlik met hul finansies en wat kan hul bekostig en wat nie.
Hou albei verantwoordelik vir die bestuur van die finansies.
'n Budget help om mekaar se verwagtinge the bestuur. en,
'n Budget verseker ook dat elkeen in die huwelik in 'n mate meer onafhanklik is van mekaar sou die ander persoon onverwags iets oorkom.
Neem tyd oor die volgende naweek en kategoriseer al jou moontlike uitgawes.
Gaan verder en stel vir jouself 'n budget op waar jy duidelik noteer wat jou inkomste is en hoeveel jy beplan om te spandeer elke maand (en aan wat volgens jou kategorieë).
Kan met pen en papier wees, of Excel, selfs met 'n finansiële app soos YNAB (you need a budget) of op 22seven (soos Lourie ook na verwys het)
Oorweeg om elke maand jouself eerste te betaal voor jy enige uitgawes aangaan.
Met dit bedoel ek belê eers (in jou aftrede, medium- of langtermyn beleggings, huislening en/of en/of)
Daarna allokeer jy geld aan al jou MOET of belangrike uitgawes (behuising, medies, vervoer, skoolfonds van jou kinders, langtermyn versekering ens.)
Slegs daarna gaan allokeer jy geld aan die luukshede en lekkerkry dinge. Nie anders om nie :-)