Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA
Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei.
Belastingbetalers kan tot 27.5% van hul vergoeding of belasbare inkomste, welke ookal die grootste is, bydra tot `n UA/RA.
Die bydrae kan jy van belasting aftrek.
Dit is voordelig om in parallel met jou pensioenfondsbydraes by jou werk ook addisionele UA/RA-bydraes te maak.
In die berekening hieronder verduidelik ek dit aan die hand van 1 voorbeeld (in die podcast-opname hardloop ek deur 3 voorbeelde)Persoon A: Verdien R 30,000 per maand (Bruto / voor belasting)
Indien 'persoon-A' 0% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 0 pm):
Belastingdruk: R 4,953pm
Netto salaris: R 24,047pm
Totale belasting vir die jaar: R 59,436
SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar) R 0 belastinggeld!!
Indien 'persoon-A' 15% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 4,500pm):
Belastingdruk: R 3,755pm
Netto salaris: R 26,245pm
Totale belasting vir die jaar: R 45,060
SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar) R 14,400 belastinggeld!!
Indien persoon A 27.5% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 8,250pm) :
Belastingdruk: R 2,780pm
Netto salaris: R 27,220pm
Totale belasting vir die jaar: R 33,348
SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar) R 26,100 belastinggeld!!Kontak vir CJ Smit by FFG indien jy nog geen finansiële adviseur het wat jou kan help belasting voordelige stappe neem nie.
CJ Smit: [email protected] ; Of maak direk 'n afspraak deur op die link te klik.