Spektrum

Spektrum

By RSGNews
Download on the App Store

All Spektrum episodes

  • Spektrum: SAOG waarsku oor hernude stryd teen MIV, TB en malaria
    13 November 2026: Die Onafhanklike Verkiesingskommissie publiseer vandag die name van raadslede wat as verkies verklaar is. Sowat 150 000 aansoeke vir polisierekruut-poste is sedert Oktober deur die polisie se werwingseenheid ontvang. Waak teen politici se mooi praatjies oor kernkrag, waarsku 'n kenner.
    49 min
  • Spektrum: Riglyne om bestendige koalisieregerings te bevorder
    12 November 2026: Die regering reik riglyne uit om meer bestendige koalisieregerings in munisipaliteite te bevorder. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vergader om die uitslae van die pas afgelope verkiesing te bespreek. Groot dele van Johannesburg is steeds sonder krag ná twee ontploffings by die Mayfair-substasie.
    47 min
  • Spektrum: Minister van Elektrisiteit ondersoek moontlikheid van laer kragpryse
    11 November 2026: Politieke partye stel hulle voorwaardes namate onderhandelinge oor die vorming van nuwe plaaslike regerings begin. Spanning tussen die taxi-organisasies, CATA en Codeta, in die Wes-Kaap loop steeds hoog ondanks mediasiegesprekke. Die minister van elektrisiteit en energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa, sê hy ondersoek die moontlikheid om kragpryse goedkoper te maak.
    49 min
  • Spektrum: Matriekeksamen-knoeiery in Wes-Kaap
    10 November 2026: Matriekeksamen-knoeiery steek kop uit in die Wes-Kaap. Vusimuzi Cat Matlala sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Skietvoorvalle en -sterftes duur voort in Westbury aan Gauteng se Wes-Rand, ondanks polisie-ingryping en die ontplooiing van die Weermag.
    52 min
  • Spektrum: ANC in Oos-Kaap sê hulle moet selfondersoek doen
    9 November 2026: Die ANC in die Oos-Kaap sê dit is tyd dat dié party selfondersoek doen nadat hy sy meerderheidstem in nege munisipaliteite verloor. Intussen is koalisegesprekke regoor die land in volle swang. Munisipale bestuurders het nou 14 dae om nuwe raadsaanstellings te doen. Die Madlangakommissie van Ondersoek se openbare sittings word vandag hervat.
    51 min
  • Spektrum: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum
    6 November 2026: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum namate die ANC steun verloor. Suid-Afrika se verkiesingsuitslae is onder die vergrootglas van internasionale kredietgraderingsagentskappe. Graan SA se dringende interdikaansoek teen die JSE word vandag aangehoor.
    52 min
  • Spektrum: Dag 1 van spesiale stemme
    2 November 2026: Die polisie word geloof vir die vastrek van verdagtes betrokke by die aanval op die boer, Donovan Marx. Spesiale stemme word landwyd uitgebring. Die polisie sê geweld sal nie tydens die verkiesing geduld word nie.
    54 min