Spektrum

Spektrum

By RSGNews
Download on the App Store

All Spektrum episodes

  • Spektrum: Die OVK se gereedheid vir die plaaslike regeringsverkiesing
    30 Oktober 2026: Ons praat met die OVK oor hulle gereedheid vir volgende week se plaaslike regeringsverkiesing. March and March, die MK Party en die ATM skop vas teen 'n permanente interdik teen protesoptrede. Parlementslede kritiseer die regering oor die laat kennisgewing van die ontplooiing van meer as 500 soldate na KwaZulu-Natal.
    49 min
  • Spektrum: Benjamin Netanyahu veg om politieke oorlewing
    27 Oktober 2026: Die aantal mense wat siek geword het weens die besoedelde water in Bronkhorstspruit styg tot 833, waaronder 328 kinders. Nog 15 maatskappye word van die regering se lys van goedgekeurde kontrakteurs verwyder. AgriSA verwelkom die regering se tydelike brandstofverligting van R10 miljard.
    51 min
  • Spektrum: Eugene de Kock getuig voor die WVK-ondersoekkommissie
    26 Oktober 2026: Eugene de Kock, een van baie min mense wat ooit aan apartheidsmisdade skuldig bevind is, getuig voor die WVK-ondersoek. Bronkhorstspruit se water word 'n politieke voetbal in Tshwane op die vooraand van die munisipale verkiesing. Waterprobleme eis sy tol van die ekonomie.
    52 min
  • Spektrum: MK-party skop sekretaris-generaal uit
    23 Oktober 2026: Die MK-party skop sy sekretaris-generaal uit. Die Openbare Beskermer las 'n ondersoek na die Bronkhorstspruit-waterkrisis. Die polisie in Durban verskerp sy sigbaarheid nadat 'n groep mense 'n buitelandse burger doodslaan.
    52 min
  • Spektrum: Vier nuwe gevalle van a-pokke in SA
    19 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki beskryf die ooreenkomste wat tussen die ANC en die apartheidsregering bereik is as 'n legkaart. Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is terug op kantoor. Vier nuwe a-pokke-gevalle word in Suid-Afrika bevestig, wat die totaal sedert Januarie vanjaar op 26 te staan bring.
    54 min