Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Annemarie Botes se huwelik het haar tot moord gedryf. In ons voorlaaste episode vertel sy hoe sy uiteindelik bevry is van jare se emosionele mishandeling.