Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Spesiale programme en regstreekse uitsendings wat nie deel is van RSG se normale skedule nie.... more
FAQs about Spesiale uitsending:How many episodes does Spesiale uitsending have?The podcast currently has 136 episodes available.
August 10, 2025Met raad en daad 10 Augustus 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Martin Pelders is wreed deur sy ma mishandel, en later ook sy vrou. Sy diensplig in die jare 80 was die beste tyd van sy lewe – weg van sy ouerhuis....more23minPlay
August 03, 2025Met raad en daad 3 Augustus 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Elsje praat met Marcel Young wat op ‘n jong ouderdom aan geslagsgeweld blootgestel is. Dit het ‘n kringloop van verslawing in sy lewe tot gevolg gehad, maar vandag is hy vry en lei ‘n suksesvolle lewe....more28minPlay
July 27, 2025Met raad en daad 27 Julie 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. In die vorige aflewering het Leyonie Marais haar lewensverhaal vertel waar sy as klein dogtertjie aanskou het hoe haar pa haar ma erg mishandel het. Later is haar ma weer getroud met ‘n man wat haar weer mishandel het. Leyonie vertel hoe sy besluit het om almal te vergewe sodat sy ‘n nuwe lewe kan begin....more23minPlay
July 20, 2025Met raad en daad 20 Julie 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Leyonie Marais vertel haar lewensverhaal. As klein dogtertjie het sy aanskou hoe haar pa haar ma erg mishandel, terwyl sy dikwels probeer het om jaar jonger broer te beskerm teen die geweld in die huis. As tienermeisie is sy herhaaldelik deur familielede seksueel misbruik, tot sy op ‘n dag wou vlug uit die huis....more25minPlay
July 13, 2025Met raad en daad 13 Julie 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke voer met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. In die vorige aflewering het Petro Kotze-Odendaal vertel van haar pa, wat ‘n uitermatige drankprobleem gehad het, en haar ma mishandel het. Sy vertel sy hoe dit haar lewenskeuses as volwassene beïnvloed het, en hoe sy verlos is van die mishandeling in haar eie huwelik....more26minPlay
July 06, 2025Met raad en daad 6 Julie 2025Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. In die eerste episode gesels sy met Petro Kotze-Odendaal, wat haar aangrypende lewensverhaal vertel. Sy vertel van haar alkoholis-pa. In die volgende episode vertel sy verder van haar hoërskoolkêrel en later haar eggenoot, wat haar ook mishandel het....more26minPlay
April 18, 2025Kyk, daar is die Lam van GodDie kruisiging van Jesus op Goeie Vrydag, word in die Bybel deur baie skrywers beskryf. Maar hoe beskryf Johannes in sy evangelie vir Jesus? Flip Loots gesels met prof. Chris de Wet hieroor....more29minPlay
April 18, 2025Deur die donker dieptesLizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers oor die kruisiging van Jesus deur die lens van Psalm 23. Hulle neem jou op ‘n reis deur die dal van doodskaduwee, maar ook op ‘n reis van troos en sekerheid, en ‘n reis van die Kruis na die Kroon....more50minPlay
April 06, 2025Met raad en daad 6 April 2025Elsje van Jaarsveld praat met ‘n siviele ingenieur wat ‘n produk ontwikkel het om water te behandel deur die gebruik van skoontegnologie....more21minPlay
March 23, 2025Met raad en daad 23 Maart 2025Innovasie in die landboubedryf lei tot nuwe inentings, beter siektebeheer en groter oeste. Die Nasionale Biosekuriteit-platform is geskep om navorsing te doen om innovasie in landbou te ondersteun. Elsje van Jaarsveld praat met dr. Marinda Visser, direkteur van van hierdie platform. Ons maak ook ‘n draai in die Noord-Kaap om uit te vind wat die impak wat die Meerkat-teleskoop is, word voorgestel aan astro-toerisme....more26minPlay
FAQs about Spesiale uitsending:How many episodes does Spesiale uitsending have?The podcast currently has 136 episodes available.