Die kruisiging van Jesus op Goeie Vrydag, word in die Bybel deur baie skrywers beskryf. Maar hoe beskryf Johannes in sy evangelie vir Jesus? Flip Loots gesels met prof. Chris de Wet hieroor.
Lizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers oor die kruisiging van Jesus deur die lens van Psalm 23. Hulle neem jou op ‘n reis deur die dal van doodskaduwee, maar ook op ‘n reis van troos en sekerheid, en ‘n reis van die Kruis na die Kroon.
Innovasie in die landboubedryf lei tot nuwe inentings, beter siektebeheer en groter oeste. Die Nasionale Biosekuriteit-platform is geskep om navorsing te doen om innovasie in landbou te ondersteun. Elsje van Jaarsveld praat met dr. Marinda Visser, direkteur van van hierdie platform. Ons maak ook ‘n draai in die Noord-Kaap om uit te vind wat die impak wat die Meerkat-teleskoop is, word voorgestel aan astro-toerisme.
Die idees wat studente het, kan soms ‘n klomp probleme vir Suid-Afrika oplos. Hoe kan daardie idees in ‘n onderneming geskep word? Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie het ‘n projek begin om hierdie idees te omskep in ‘n volwaardige besigheid. Dit word gedoen deur ‘n student te ondersteun deur verskeie ondersteuningnetwerke by ‘n universiteit. Elsje van Jaarsveld praat met Nickey Janse van Rensburg van die Universiteit van Johannesburg oor die tegnologiestasie-program.
Die program verken die wonderwêreld van wetenskap en tegnologie. Die fokus val op intellektuele eiendomsreg. Die departement van wetenskap, tegnologie en innovasie ondersteun klein en medium sakeondernemings om hulle kreatiewe idees intellektueel te beskerm. Ons hoor ook van die belangrikheid van kopiereg op musiek.
Ons verken die wonderwêreld van wetenskap en tegnologie. Die fokus val op navorsing van alternatiewe energiebronne. Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie het verskeie projekte om Suid-Afrika na skoon energie te lei. Elsje van Jaarsveld praat met Ashton Swartbooi oor die departement se navorsings- en innovasieprogramme. Hy is werksaam by die WNNR en die departement ondersteun hom met navorsing vir sy doktorsgraad.
Wetenskap, is ‘n ingewikkelde vakgebied, maar dit is deel van ons alledaagse lewe. Nuttige hulpmiddels soos wifi, WhatsApp en Blootooth spruit alles uit wetenskap. Maar hoe raak ek en jy betrokke by wetenskap. Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie het verskeie projekte om mense te betrek, en hulle doen dit in samewerking met vennote. Elsje van Jaarsveld vind uit watter die projekte die departement het om veral jong wetenskaplikes te ontwikkel.