Spesiale uitsending

Spesiale uitsending

Download on the App Store

Spesiale uitsending episodes

  • Met raad en daad 26 Januarie 2025
    Suid-Afrika is besig met verskeie innoverende projekte, wat strek van die Meerkat-teleskoop tot medisinale dagga. Hierdie wetenskaplike projekte staan onder die vaandel van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie. Elsje van Jaarsveld vind uit watter programme dié departement bedryf om transformasie in die veld te bewerkstellig.
    21 min
  • Ons sing Kersliedere
    Gedurende kerstyd gaan daar nie ‘n dag verby waar daar nie kersliedere gesing word nie. Maar waar kom dié liedere vandaan, en wat weet ons van hulle? Flip Loots praat met die gospelsanger, Louis Brittz, oor die herkoms van ‘n paar kersliedere.
    28 min
  • Met raad en daad 15 Desember 2024
    In dié reeks neem Elsje van Jaarsveld ons op ‘n reis deur Suid-Afrika se wetenskaplike en tegnologiese projekte. Sy praat met kundiges van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie om meer uit te vind oor hulle werksaamhede, en hoe dié departement wetenskap gebruik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter. Sy fokus op die medisinale daggabedryf, en vra die kenners uit oor hoe die departement ‘n waardeketting skep vir hierdie produkte in Suid-Afrika.
    21 min
  • Met raad en daad 8 Desember 2024
    Elsje van Jaarsveld neem ons op ‘n reis deur Suid-Afrika se wetenskaplike en tegnologiese projekte. Sy praat met kundiges van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie om meer uit te vind oor hulle werksaamhede en hoe dié departement, wetenskap gebruik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter. Sy vind meer uit van die Radio-astronomie Observatorium en die rol wat die Meerkat-teleskoop in die internasionale wetenskaplike gemeenskap speel.
    21 min
  • Met raad en daad 1 Desember 2024
    Elsje van Jaarsveld neem ons op ‘n reis deur Suid-Afrika se wetenskaplike en tegnologiese projekte. Sy praat met kundiges van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie om meer uit te vind oor hulle werksaamhede en hoe dié departement wetenskap gebruik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter. In hierdie episode val die fokus op ‘n internskapprogram wat die departement aanbied om die brug tussen die akademie en praktyk te oorkom. Ons luister ook na ‘n liedjie wat deur ‘n virtuele popster vertolk word.
    20 min
  • Met raad en daad 24 November 2024
    Elsje van Jaarsveld neem ons op ‘n reis deur Suid-Afrika se wetenskaplike en tegnologiese projekte. Sy praat met kundiges van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie om meer uit te vind oor hulle werksaamhede en hoe dié departement wetenskap gebruik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter. In hierdie episode hoor ons ook ‘n liedjie wat deur gevorderde tegnologie geskep is.
    22 min
  • Bakgat-proesessie 22
    Derrich Gardner, Veronique van Heyningen, Carike Keuzenkamp en Daleen Theron proe die laaste ses finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.
    13 min
  • Bakgat-proesessie 21
    Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met liedjieskrywer en sanger William Wolf die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.
    10 min

About Spesiale uitsending

From the publisher's feed

Spesiale programme en regstreekse uitsendings wat nie deel is van RSG se normale skedule nie.