Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant: Tarryn Lamb (Deel 1)
    'n Vars en herkenbare stem van moderne Suid-Afrikaanse musiek. Sy het haar as die hoofsanger van die bekroonde groep, BlackByrd, gevestig voordat sy haar eie suksesvolle sololoopbaan aangepak het. Gebore en getoë in Kaapstad, het sy van 'n jong meisie met 'n droom ontwikkel in 'n kunstenaar wat nie net musiek maak nie, maar ook haar eie handelsmerk bou in 'n wêreld waar kunstenaars vandag soveel meer as net sangers moet wees. Sy is sangeres, liedjieskrywer, aktrise en entrepreneur. Sy praat oor die werklikheid van die moderne musiekbedryf, die uitdagings van sukses, die druk van sosiale media, en die lesse wat sy langs die pad oor geld, werk en die lewe geleer het.
    10 min
  • RSG Help: ONS TUIS
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. ONS TUIS bied bekostigbare, gehalteverblyf aan persone ouer as 55 jaar. https://onstuis.org/
    16 min
  • Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 3)
    Waarop dui verlede jaar se lewensversekeringseise werklik, en is ons voorbereid op wat werklik gebeur? Joretha Bothma van Momentum Life Insurance ontleed die jongste eisestatisitek, die risiko's om lewensveranderende gebeure te onderskat, en die belangrikheid van finansiële voorbereiding vir onverwagte gebeure.
    11 min
  • Kuns met kontant: Portchie
    Vir baie mense was hy die man met die helder kleure, speelse dorpstonele, gesinne, blomme, verliefde paartjies en die kunswerke wat vreugde gebring het in duisende huise. Hy het ’n besondere vermoë gehad om mense welkom te laat voel en om hulle potensiaal raak te sien lank voordat hulle dit self kon sien. Toe Kuns Met Kontant vyf jaar gelede op RSG begin het, was Portchie ons tweede gas op die program. Ter nagedagtenis aan Portchie gaan ons terug in tyd en luister na ’n gedeelte van die gesprek wat ons destyds met hom gevoer het.
    9 min
  • Kuns met kontant: Coenraad Rall (Deel 2)

    Hy is een van die mees gerespekteerde pianiste en musikale begeleiers in Suid-Afrika. Coenraad Rall is die man agter die klavier vir van Suid-Afrika se grootste kunstenaars. Hy is veral bekend vir sy jarelange pad saam met Amanda Strydom. Hoe bou ’n mens oor dekades ’n loopbaan in die kunste? Hoe oorleef ’n musikant finansieel in ’n wêreld van onsekere inkomste, feeste, produksies en applous wat nie altyd die rekeninge betaal nie? Coenraad Rall praat oor hoe maklik dit is om net die applous raak te sien, maar agter elke noot en elke produksie lê daar jare van opoffering, dissipline en geloof in sy kuns.

    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!