Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 7 Januarie 2026
    Amor Vittone se storie lê op die kruispad waar kuns en kontant mekaar ontmoet - ’n kreatiewe loopbaan sonder 'n vaste inkomste, die realiteit van 'n selfstandige inkomste, en harde finansiële skokke wat volg wanneer siekte, verlies en regsonsekerheid alles verander. Ná Joost van der Westhuizen se siekte en dood moes sy nie net emosioneel aanpas nie, maar ook finansieël herkalibreer - van inkomste wat skielik opdroog, tot ’n omstrede boedel, ’n publieke testamentsage en die uitdaging om twee kinders se leefstyl volhoubaar te hou. Dis ’n eerlike, relevante en diep menslike verhaal oor beplanning, foute, volharding en die duur lesse wat geld ’n mens soms leer.
    8 min
  • RSG Help 6 Januarie 2026
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Royal Family Kids Camp Mogale)
    12 min
  • Kuns met kontant 17 Desember 2025
    Deel 2: Dis altyd lekker om met iemand te gesels wat deel van ons herinneringe is, maar steeds nuut bly in die wêreld van werk en wysheid. Ons het saam met haar grootgeword — nou gesels en leer sy ons iets oor geld. As jy in die 80’s of 90’s grootgeword het, was daar sekerlik een bekende gesig wat elke middag op jou TV verskyn het — Magda van Biljon, aanbieder van Wielie Walie! Sy was deel van ons kinderdae saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en die kleurvolle wêreld van stories en verbeelding. Vandag hoor jy haar steeds, maar op ’n ander manier — as regisseur van Afrikaanse weergawes van Turkse telenovellas. Magda van Biljon gesels oor finansies, aanpasbaarheid en die kuns om te oorleef as kreatiewe mens. Van Wielie Walie tot Turkse telenovellas deel Magda haar reis van TV-glans tot stemwerk, en hoe sy haar geld slim bestuur in ’n onvoorspelbare bedryf.
    9 min
  • Kuns met kontant 10 Desember 2025
    Deel 1: Dis altyd lekker om met iemand te gesels wat deel van ons herinneringe is, maar steeds nuut bly in die wêreld van werk en wysheid. Ons het saam met haar grootgeword — nou gesels en leer sy ons iets oor geld. As jy in die 80’s of 90’s grootgeword het, was daar sekerlik een bekende gesig wat elke middag op jou TV verskyn het — Magda van Biljon, aanbieder van Wielie Walie! Sy was deel van ons kinderdae saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en die kleurvolle wêreld van stories en verbeelding. Vandag hoor jy haar steeds, maar op ’n ander manier — as regisseur van Afrikaanse weergawes van Turkse telenovellas. Magda van Biljon gesels oor finansies, aanpasbaarheid en die kuns om te oorleef as kreatiewe mens. Van Wielie Walie tot Turkse telenovellas deel Magda haar reis van TV-glans tot stemwerk, en hoe sy haar geld slim bestuur in ’n onvoorspelbare bedryf.
    8 min
  • Kuns met kontant 3 Desember 2025
    Deel 2: Henco Kruger gesels met die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties oor een van die groot ongemaklike vrae in die musiekbedryf: hoe kan ’n liedjie met meer as 24 miljoen strome steeds net ’n skamele bedrag in tantième oplewer? Musiek en sukses in dié era moet hersien word, want die gewildheid van ʼn liedjie stem nie ooreen met wat die kunstenaars in hulle sak kry nie. In ’n eerlike gesprek vertel Pierre Greeff hoe dit voel wanneer kreatiewe werk ongekende hoogtes bereik het, maar die vergoeding eenvoudig nie daarmee klop nie, en waarom Die Heuwels Fantasties besluit het om saam met Spoegwolf die vraag “waar is ons vergoeding?” openlik aan die musiekbedryf te stel. Ons praat oor deursigtigheid, die ekonomie van stroming, tantième, regte en die realiteit van sangers in Suid-Afrika, en waarom gewildheid lankal nie meer gelykstaande aan billike beloning is nie. Dis ’n betekenisvolle en insiggewende gesprek wat elke musiekliefhebber en kreatiewe entrepreneur móét hoor oor wat dit werklik verg om volhoubare musiek te maak in ’n stelsel wat nie altyd in die kunstenaar se guns tel nie.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!