Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • RSG Help 2 Desember 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (House of Kindness Place of Safety, Roodeplaat, Pretoria)
    12 min
  • Kuns met kontant 26 November 2025

    Deel 1: Henco Kruger gesels met die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties oor een van die groot ongemaklike vrae in die musiekbedryf: hoe kan ’n liedjie met meer as 24 miljoen strome steeds net ’n skamele bedrag in tantième oplewer? Musiek en sukses in dié era moet hersien word, want die gewildheid van ʼn liedjie stem nie ooreen met wat die kunstenaars in hulle sak kry nie. In ’n eerlike gesprek vertel Pierre Greeff hoe dit voel wanneer kreatiewe werk ongekende hoogtes bereik het, maar die vergoeding eenvoudig nie daarmee klop nie, en waarom Die Heuwels Fantasties besluit het om saam met Spoegwolf die vraag “waar is ons vergoeding?” openlik aan die musiekbedryf te stel. Ons praat oor deursigtigheid, die ekonomie van stroming, tantième, regte en die realiteit van sangers in Suid-Afrika, en waarom gewildheid lankal nie meer gelykstaande aan billike beloning is nie. Dis ’n betekenisvolle en insiggewende gesprek wat elke musiekliefhebber en kreatiewe entrepreneur móét hoor oor wat dit werklik verg om volhoubare musiek te maak in ’n stelsel wat nie altyd in die kunstenaar se guns tel nie.

    8 min
  • Kuns met kontant 19 November 2025

    Deel 2: Lydia Winchester het die afgelope vier dekades haar loopbaan en lewe aan die Afrikaanse musiekbedryf gewy. As publisiteitsbeampte wat oor die jare heen byna elke groot Afrikaanse naam op haar boeke gehad het, het sy verskeie sangers en treffers bekend gemaak. Henco Kruger gesels met Lydia oor hierdie ongelooflike reis – oor die stories agter die verhoog, die mense agter die musiek, en wat sy oor die jare by hierdie kunstenaars geleer het uit hulle gedrag en houding teenoor geld, sukses en finansiële dissipline. Sy vertel hoe die musiekbedryf haar gevorm het, en waarom sy ná jare van toewyding en spanning, besluit het dat dit nou haar tyd is om afskeid te neem.

    8 min
  • Kuns met kontant 12 November 2025
    Deel 1: Lydia Winchester het die afgelope vier dekades haar loopbaan en lewe aan die Afrikaanse musiekbedryf gewy. As publisiteitsbeampte wat oor die jare heen byna elke groot Afrikaanse naam op haar boeke gehad het, het sy verskeie sangers en treffers bekend gemaak. Henco Kruger gesels met Lydia oor hierdie ongelooflike reis – oor die stories agter die verhoog, die mense agter die musiek, en wat sy oor die jare by hierdie kunstenaars geleer het uit hulle gedrag en houding teenoor geld, sukses en finansiële dissipline. Sy vertel hoe die musiekbedryf haar gevorm het, en waarom sy ná jare van toewyding en spanning, besluit het dat dit nou haar tyd is om afskeid te neem.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!