Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 5 November 2025
    Deel 2: Daar is iets besonders aan die geur van varsgebakte beskuit - dis nie net mooi herinneringe nie, dis harde werk, risiko en baie geloof. Henco Kruger se gas het verlede jaar RSG se Bakgat-beskuitbakkompetisie gewen en toe besluit: dis nou of nooit. Sy begin haar eie bakkery met die naam Kraak. Dis Marthlé Smith! Sy deel hoe sy die oond warm hou, nie net vir haar beskuit nie, maar ook vir haar besigheid se finansies. Dis ’n gesprek oor passie, deeg, en die harde realiteit van rande en sente in die wêreld van bak en brou. Dis inspirerend om te hoor hoe ’n liefde vir beskuit in ’n volhoubare besigheid verander het — en hoe geld, geloof en vasberandenheid saam ’n resep vir sukses kan vorm.
    8 min
  • Kuns met kontant 29 Oktober 2025

    Deel 1: Daar is iets besonders aan die geur van varsgebakte beskuit - dis nie net mooi herinneringe nie, dis harde werk, risiko en baie geloof. Henco Kruger se gas het verlede jaar RSG se Bakgat-beskuitbakkompetisie gewen en toe besluit: dis nou of nooit. Sy begin haar eie bakkery met die naam Kraak. Dis Marthlé Smith! Sy deel hoe sy die oond warm hou, nie net vir haar beskuit nie, maar ook vir haar besigheid se finansies. Dis ’n gesprek oor passie, deeg, en die harde realiteit van rande en sente in die wêreld van bak en brou. Dis inspirerend om te hoor hoe ’n liefde vir beskuit in ’n volhoubare besigheid verander het — en hoe geld, geloof en vasberandenheid saam ’n resep vir sukses kan vorm.

    8 min
  • Kuns met kontant 22 Oktober 2025
    Deel 2: Lianie May vertel vir die eerste keer dat sy en haar man drie kinders aangeneem het toe hulle klein was. Vandag is hulle volwassenes, en die paartjie voel trots en dankbaar om uiteindelik dié deel van hulle lewensverhaal te deel. Henco Kruger en Lianie May gesels ook oor haar ander groot passie — boerdery. Weeksdae werk sy voltyds saam met haar man op hulle plaas, waar sy met verstommende kennis oor landbou praat, van vee tot kontantvloei. Oor naweke verruil sy haar werkstewels en khakiklere vir verhoogskoene, wanneer sy weer die sangeres word wat gehore regoor die land bekoor. Sy vertel hoe hulle oor geld dink, hoe die plaas se finansies bestuur word, hoe haar musiekloopbaan as ’n besigheidsmodel funksioneer, en hoe dié finansiële beginsels deur die jare aan hulle drie kinders oorgedra is.
    9 min
  • RSG Help 21 Oktober 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (GROVÉ SCHOOMBEE STIGTING & HAMBA NAWE PEDIATRIESE PALLIATIEWE SORG-INISIATIEF)
    14 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!