Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.
September 12, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 12 September 2024Corné Oosthuizen van COProductions vertel tien dinge wat jy van ’n kunstenaar se bestuurder moet weet....more14minPlay
September 11, 2024Kuns met kontant 11 September 2024Deel 1: Die televisiester, ontwerper van trourokke en modeontwerper, Diaan Daniels, praat oor sy nuwe uitkyk op die lewe sedert hy vyf jaar gelede 40 geword het. Hy is een van Suid-Afrika se mees bekroonde ontwerpers. Diaan het 27 jaar gelede sy merk as 18-jarige vanuit sy ouerhuis in Bloemfontein gemaak, toe hy 'n rok vir Brümilda van Rensburg en 'n troupak vir Kurt Darren ontwerp het. Hoewel hy deesdae nie sy geluk koppel aan sy loopbaansukses nie, raak hy steeds opgewonde oor hoogtepunte soos sy nuwe ontwerpe wat hy tans vir die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, doen. Jy kan jou droomrok by Diaan Daniels Couture koop, huur of laat finansier. Diaan vertel hoe sy besigheidsmodel en persoonlike finansies werk. Hy praat ook oor die ooreenkomste tussen modeontwerp en sy jongste rol as binnenshuise ontwerper, binneversierder en eiendomsagent....more9minPlay
September 10, 2024RSG Help 10 September 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Santa Shoebox)...more8minPlay
September 06, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 5 September 2024Bean vertel tien dinge wat jy van kampering moet weet....more13minPlay
September 04, 2024Kuns met kontant 4 September 2024Deel 2: Brümilda van Rensburg is een van Suid-Afrika se mees bekroonde akteurs. Sy is veral bekend vir haar uitbeelding van Louwna in Egoli: Plek van Goud, wat meer as 44-miljoen kykers regoor Afrika gelok het. Sy het 18 jaar lank in hierdie reeks gespeel. Die afgelope 20 jaar bedryf sy een van Suid-Afrika se mees gesogte dramaskole, en enigiemand in die bedryf sal hulle voortande gee om deur haar drama-agentskap bestuur en verteenwoordig te word. Brümilda het nooit rykdom en roem nagestreef nie, maar wel om hard te werk en sukses te behaal. Daarin was sy suksesvol, maar ‘n mens moet tog tot 'n mate bekend en beroemd wees as Madiba jou ken nog voor julle eerste ontmoeting en jou op jou naam noem. Brümilda vertel hoe sy die finansiële aspekte van haar lang loopbaan, dramaskool en drama-agentskap oor die jare met 'n ystervuis bestuur het. Sy deel haar waardevolste les in die lewe: Jy kan net in oorvloed leef as jy in oorvloed gee....more9minPlay
September 03, 2024RSG Help 3 September 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Ry-Ma-In)...more12minPlay
August 30, 2024Gerrie en Adriaan van die NamakwalandSanger en wêreldreisiger Gerrie Pretorius het gaan blomme kyk in Namakwaland. Daar het hy vir Adriaan Nieuwoudt raakgeloop. Vinnig het Gerrie besef dat die boere van die omgewing die blommetyd baie anders as die toeriste beleef....more9minPlay
August 29, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 29 Augustus 2024Avonturier Rian Manser vertel tien dinge wat jy van verkenning moet weet....more12minPlay
August 28, 2024Kuns met kontant 28 Augustus 2024Deel 1: Brümilda van Rensburg is een van Suid-Afrika se mees bekroonde akteurs. Sy is veral bekend vir haar uitbeelding van Louwna in Egoli: Plek van Goud, wat meer as 44-miljoen kykers regoor Afrika gelok het. Sy het 18 jaar lank in hierdie reeks gespeel. Die afgelope 20 jaar bedryf sy een van Suid-Afrika se mees gesogte dramaskole, en enigiemand in die bedryf sal hulle voortande gee om deur haar drama-agentskap bestuur en verteenwoordig te word. Brümilda het nooit rykdom en roem nagestreef nie, maar wel om hard te werk en sukses te behaal. Daarin was sy suksesvol, maar ‘n mens moet tog tot 'n mate bekend en beroemd wees as Madiba jou ken nog voor julle eerste ontmoeting en jou op jou naam noem. Brümilda vertel hoe sy die finansiële aspekte van haar lang loopbaan, dramaskool en drama-agentskap oor die jare met 'n ystervuis bestuur het. Sy deel haar waardevolste les in die lewe: Jy kan net in oorvloed leef as jy in oorvloed gee....more9minPlay
August 27, 2024RSG Help 27 Augustus 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Ladies Let's Talk)...more10minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.