Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • RSG Help 22 Julie 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (People of South Africa Stigting)
    10 min
  • Riaan Cruywagen oor nuus op radio voor 1950
    SAUK Nuus het op 17 Julie 2025 sy 75ste bestaansjaar gevier, maar die SAUK is al in Augustus 1936 tot stand gebring. Was daar dan vir 14 jaar geen nuus op die radio nie? Die Spitstyd-span het gaan kers opsteek by een van die bekendste nuuslesers ooit, Riaan Cruywagen.
    6 min
  • Kuns met kontant 16 Julie 2025
    Deel 2: Ruben Lambrechts is ’n hoëprofiel sosialemedia ster met meer as drie miljoen volgelinge. Cindy, sy bobbejaansuster, is die groot ster in elke videoplasing. Hy deel gereeld inhoud oor sy werk met weesdiere, en sy sosialemedia is ’n mengsel van avontuur, begeleide toere deur Namibië en reddingswerk met Cindy, wat as ambassadeur van al sy projekte optree. Hy plaas gereeld video’s van Vlakkie die vlakvark, Pennie die ystervark, die meerkatte, Minki en Jerry, en natuurlik Cindy, sy 30 jarige bobbejaansuster wat hom gereeld “masseer” in wat Ruben ’n “Afrika-spa” noem. As toergids en digitale inhoudskepper hou Ruben noukeurig boek van sy inkomste, uitgawes en spaardoelwitte sodat hy altyd weet waar hy en sy “sussie” finansieël staan. Cindy, wat daarvan hou om haar oor al die nuwe toevoegings tot die gesin te ontferm, is ’n herinnering dat ware rykdom nie net in jou bankrekening is nie, maar in die lewens wat jy raak.
    8 min
  • Kuns met kontant 9 Julie 2025
    Deel 1: Ruben Lambrechts is ’n hoëprofiel sosialemedia ster met meer as drie miljoen volgelinge. Cindy, sy bobbejaansuster, is die groot ster in elke videoplasing. Hy deel gereeld inhoud oor sy werk met weesdiere, en sy sosialemedia is ’n mengsel van avontuur, begeleide toere deur Namibië en reddingswerk met Cindy, wat as ambassadeur van al sy projekte optree. Hy plaas gereeld video’s van Vlakkie die vlakvark, Pennie die ystervark, die meerkatte, Minki en Jerry, en natuurlik Cindy, sy 30 jarige bobbejaansuster wat hom gereeld “masseer” in wat Ruben ’n “Afrika-spa” noem. As toergids en digitale inhoudskepper hou Ruben noukeurig boek van sy inkomste, uitgawes en spaardoelwitte sodat hy altyd weet waar hy en sy “sussie” finansieël staan. Cindy, wat daarvan hou om haar oor al die nuwe toevoegings tot die gesin te ontferm, is ’n herinnering dat ware rykdom nie net in jou bankrekening is nie, maar in die lewens wat jy raak.
    9 min
  • Kuns met kontant 2 Julie 2025
    Deel 2: Hy is een van die gewildste Afrikaanse sangers, en nog altyd ‘n hartebreker wat oor die liefde sing. Ray Dylan, of te wel Jacobus Frederik Jersich, het sedert sy debuut met New Kid In Town in 2002, soomloos van Engels na Afrikaans beweeg. Sy groot deurbraak was in 2006 met Hokaai Stoppie Lorrie, gevolg deur treffers soos Breek die Ys en Jessica. Hy het ‘n merkwaardige loopbaan van meer as 20 jaar. Henco Kruger praat met hom oot finansiële wysheid - van die dae in die stad tot sy lewe op die platteland.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!