Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Gerrie Pretorius in Venesië
    Wêreldreisiger Gerrie Pretorius bevind hom in Venisië. Dis die tuiste van dr. Michele Alzetta, wat sy skoolloopbaan in Kaapstad voltooi het, tans hoof is van die ambulansdienste in dié Italiaanse stad. Venesië is die geboorteplek van inentings vanuit 'n medise en etomologiese oogpunt. Die konsep van isolasie vir mediese doeleindes het ook sy oorsprong daar gehad.
    7 min
  • Kuns met kontant 4 Junie 2025
    Deel 2: Vir hom is ‘n resepteboek nie net ‘n boek nie, dis kuns. Henco met ‘n c was gelukkig om aan sy tafel te mag eet by Klein Jan, die Noord-Kaapse restaurant van Jan Hendrik van der Westhuizen. In ‘n eensame spierwit kothuisie op ‘n Kalahariplaas begin ‘n uiters luukse maaltyd. Jy gaan van daar af ondergronds, dan word jy oorrompel met ‘n tiengang maaltyd die res van die dag, afgesluit met ‘n koppie moerkoffie gemaak van boompeule. Is dit oorweldigend om ‘n bouprojek soos Klein Jan saam met die Oppenheimer-gesin aan te pak en te beplan, en wat is die finansiële uitdagings? Sy eerste restaurant, JAN, is in 2013 in Nice, Frankryk, geopen, en in 2016 word hy die eerste Suid-Afrikaanse sjef wat ‘n Michelin-ster kry. Hoe groot is die druk om dié ster te behou, en wat is die finansiële gevolge van ‘n Michelin-ster? Hy het van vroegs af die chemie van bak goed onder die knie gehad, en glo daar is ook ‘n chemie agter jou geldbestuur, en ‘n resep om geld te bestuur.
    9 min
  • Kuns met kontant 28 Mei 2025
    Deel 1: Vir hom is ‘n resepteboek nie net ‘n boek nie, dis kuns. Henco met ‘n c was gelukkig om aan sy tafel te mag eet by Klein Jan, die Noord-Kaapse restaurant van Jan Hendrik van der Westhuizen. In ‘n eensame spierwit kothuisie op ‘n Kalahariplaas begin ‘n uiters luukse maaltyd. Jy gaan van daar af ondergronds, dan word jy oorrompel met ‘n tiengang maaltyd die res van die dag, afgesluit met ‘n koppie moerkoffie gemaak van boompeule. Is dit oorweldigend om ‘n bouprojek soos Klein Jan saam met die Oppenheimer-gesin aan te pak en te beplan, en wat is die finansiële uitdagings? Sy eerste restaurant, JAN, is in 2013 in Nice, Frankryk, geopen, en in 2016 word hy die eerste Suid-Afrikaanse sjef wat ‘n Michelin-ster kry. Hoe groot is die druk om dié ster te behou, en wat is die finansiële gevolge van ‘n Michelin-ster? Hy het van vroegs af die chemie van bak goed onder die knie gehad, en glo daar is ook ‘n chemie agter jou geldbestuur, en ‘n resep om geld te bestuur.
    10 min
  • RSG Help 27 Mei 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Oak Grove Sorgsentrum, Gansbaai)
    12 min
  • Kuns met kontant 21 Mei 2025
    Deel 2: Rian van Heerden is lief vir praat en vir die mikrofoon; hy help graag; hy is nie bang vir uitdagings nie (soos om ’n restaurant te koop en daarvan ’n sukses te maak); hy verbreek grense en daag mense uit; en hy is braaf. Maar bowenal is hy eerlik en reguit met sy luisteraars en kykers. In hierdie openhartige onderhoud wissel Rian sy vertellings af van snaaks tot hartseer tot eerlik tot ongemaklik. Hy is bekend vir sy skerp humor en onverskrokke geselskap, soos gesien in sy program Laataand by Rian, wat gewilde gaste, vurige debatte en eerlike gesprekke oor aktuele kwessies insluit. Hy het ’n regstudie-agtergrond, geïnspireer deur ’n vroeë belangstelling in politiek en openbare toesprake, wat sy benadering tot media en openbare diskoers beïnvloed het. Rian se boek, 16 Dinge Wat Ek Nie Moes Sê Nie, bevat 16 openhartige en soms omstrede temas of uitsprake wat hy as persoon of mediafiguur gemaak het. en wat hy beskou as dinge wat hy nie moes sê nie. Hy deel met Henco Kruger al die finansiële dinge wat hy oor sy lang loopbaan nie moes kwytraak of doen nie.
    9 min
  • RSG Help 20 Mei 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (We Care Project Initiative)
    11 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!