Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 14 Mei 2025
    Deel 1: Rian van Heerden is lief vir praat en vir die mikrofoon; hy help graag; hy is nie bang vir uitdagings nie (soos om ’n restaurant te koop en daarvan ’n sukses te maak); hy verbreek grense en daag mense uit; en hy is braaf. Maar bowenal is hy eerlik en reguit met sy luisteraars en kykers. In hierdie openhartige onderhoud wissel Rian sy vertellings af van snaaks tot hartseer tot eerlik tot ongemaklik. Hy is bekend vir sy skerp humor en onverskrokke geselskap, soos gesien in sy program Laataand by Rian, wat gewilde gaste, vurige debatte en eerlike gesprekke oor aktuele kwessies insluit. Hy het ’n regstudie-agtergrond, geïnspireer deur ’n vroeë belangstelling in politiek en openbare toesprake, wat sy benadering tot media en openbare diskoers beïnvloed het. Rian se boek, 16 Dinge Wat Ek Nie Moes Sê Nie, bevat 16 openhartige en soms omstrede temas of uitsprake wat hy as persoon of mediafiguur gemaak het. en wat hy beskou as dinge wat hy nie moes sê nie. Hy deel met Henco Kruger al die finansiële dinge wat hy oor sy lang loopbaan nie moes kwytraak of doen nie.
    9 min
  • RSG Help 13 Mei 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Karoo Donkey Sanctuary)
    11 min
  • Kuns met kontant 7 Mei 2025
    Deel 2: Henco Kruger wil met hierdie aflewering die akademiese kant van kunsentrepreneurskap belig. Dr. Paul Loeb van Zuilenburg het vir sewe jaar musiekentrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria gedoseer, en werk reeds 13 jaar as vryskutmusikant. Hy speel klassieke trompet en dirigeer sy eie orkeste. Hy het op primêre, sekondêre en tersiêre vlak onderrig in kunsentrepreneurskap gegee. en is steeds op al hierdie vlakke betrokke. Een van sy passies is om uitvoerende kunstenaars te bemagtig deur hulle in staat te stel om hulle eie finansiële ondersteuningstelsels te skep. Hy het talle internasionale en plaaslike pryse en toekennings hiervoor ontvang. Sy navorsingsvelde sluit in koperblaasuitvoering, kunste-ondernemerskap, leierskap, ekonomie en kreatiewe industrieë. Hy woon in Bloemfontein saam met sy musikale vrou, Elize, waar hy die dirigent en artistieke direkteur van die Bloemfontein Filharmoniese Orkes is. Met ‘n oupa wat sy eie bank in Duitsland besit het, en Paul wat ‘n MBA-graad verwerf het en ‘n doktor in kunsentrepreneurskap is, is hy die perfekte persoon om oor besigheid, finansies en kuns te gesels.
    9 min
  • RSG Help 6 Mei 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Aruka Stigting)
    10 min
  • Kuns met kontant 30 April 2025
    Deel 1: Henco Kruger wil met hierdie aflewering die akademiese kant van kunsentrepreneurskap belig. Dr. Paul Loeb van Zuilenburg het vir sewe jaar musiekentrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria gedoseer, en werk reeds 13 jaar as vryskutmusikant. Hy speel klassieke trompet en dirigeer sy eie orkeste. Hy het op primêre, sekondêre en tersiêre vlak onderrig in kunsentrepreneurskap gegee. en is steeds op al hierdie vlakke betrokke. Een van sy passies is om uitvoerende kunstenaars te bemagtig deur hulle in staat te stel om hulle eie finansiële ondersteuningstelsels te skep. Hy het talle internasionale en plaaslike pryse en toekennings hiervoor ontvang. Sy navorsingsvelde sluit in koperblaasuitvoering, kunste-ondernemerskap, leierskap, ekonomie en kreatiewe industrieë. Hy woon in Bloemfontein saam met sy musikale vrou, Elize, waar hy die dirigent en artistieke direkteur van die Bloemfontein Filharmoniese Orkes is. Met ‘n oupa wat sy eie bank in Duitsland besit het, en Paul wat ‘n MBA-graad verwerf het en ‘n doktor in kunsentrepreneurskap is, is hy die perfekte persoon om oor besigheid, finansies en kuns te gesels.
    9 min
  • Kuns met Kontant 23 April 2025

    Deel 2: Die Amerikaanse skrywer Herman Melville het gesê: "Geen filosowe verstaan ons so goed soos honde of perde nie." As Jazzy Deodora, beter bekend as DJ Jazzy D The Groovemaster, nie lekker voel nie, voel hy dadelik ontspanne as hy 'n bietjie perdry. Hy is een van Suid-Afrika se voorste en bekendste platejoggies. Terwyl hy die joggie van plate op die dansvloer is, het hy self talle joggies, versorgers, perdefluisteraars en perdeafrigters in sy diens wat sy sindikasie van 15 resiesperde bestuur. Hy het al in van die wêreld se grootste arenas musiek voor groot skares mense gemaak maar sy resiesperde het in nog groter arenas aan wedrenne deelgeneem. Resiesperde het hoogstens 'n loopbaan van drie tot vier jaar want dis 'n baie stresvolle adrenaliengedrewe sport; daarna word hulle enigiets van ryperde tot terapieperde tot perde wat vir dresseerkuns gebruik word. Hy vertel hoe hy geld uit musiekvervaardiging en resiesperde maak en erken dat hy al baie meer geld uit sy perde as sy musiekloopbaan gemaak het maar dat dobbel op perde niks daarmee te doen het nie en dat die dobbelkant van die bedryf net 'n druppel in die emmer is in vergelyking met wat alles agter die skerms aangaan. Hy vertel ook hoe beleggingskemas dit vir jou en my moontlik maak om 'n aandeel in 'n resieperd te besit.

    8 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!