Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
December 19, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 19 Desember 2024Rianette Leibowitz vertel tien dinge wat jy van kuberveiligheid moet weet....more14minPlay
December 17, 2024RSG Help 17 Desember 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Goukam Health)...more10minPlay
December 12, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 12 Desember 2024Juria Jansen vertel tien dinge wat jy van reisversekering moet weet....more11minPlay
December 11, 2024Kuns met kontant 11 Desember 2024Deel 2: Chris Chameleon het vele talente. Die afgelope vyf jaar is hy ‘n beesboer in die Oos-Vrystaat naby Verkykerskop. Hy het destyds as akteur in Sonkring sy vermaaklikheidsloopbaan begin, en toe ‘n sanger geword. Sy albums het platinumsstatus bereik nadat hy groot aansien onder twee uiteenlopende musiekgenres se luisteraars geniet het - aanvanklik in sy hoedanigheid as baskitaarspeler en voorsanger van Boo! wat eklektiese punkrockmusiek gemaak het, en daarna in sy hoedanigheid as Chris Chameleon die Afrikaanse sanger met sy uitsonderlike falsetto-stem en sy toonsetting van Ingrid Jonker-gedigte. In hierdie eerste radio-onderhoud wat Chris in ses jaar toestaan, laat Henco nie op hom wag nie en val met die deur in die huis deur vir Chris te vra hoe hy dit op 53-jarige ouderdom kan bekostig om afgetree te wees. Henco pols hom verder oor hoeveel hektaar grond en vee hy het, die een vraag wat boere nooit onder mekaar vra nie. Een van die belangrikste lesse wat Chris geleer het, is dat die pad na genoeg geld nie met meer geld geteer is nie......more9minPlay
December 10, 2024RSG Help 10 Desember 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Khula Kinders Port Elizabeth)...more11minPlay
December 05, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 5 Desember 2024Cecilia Albertyn vertel tien dinge wat jy van The Isle of Man moet weet....more10minPlay
December 04, 2024Kuns met kontant 4 Desember 2024Deel 1: Chris Chameleon het vele talente. Die afgelope vyf jaar is hy ‘n beesboer in die Oos-Vrystaat naby Verkykerskop. Hy het destyds as akteur in Sonkring sy vermaaklikheidsloopbaan begin, en toe ‘n sanger geword. Sy albums het platinumsstatus bereik nadat hy groot aansien onder twee uiteenlopende musiekgenres se luisteraars geniet het - aanvanklik in sy hoedanigheid as baskitaarspeler en voorsanger van Boo! wat eklektiese punkrockmusiek gemaak het, en daarna in sy hoedanigheid as Chris Chameleon die Afrikaanse sanger met sy uitsonderlike falsetto-stem en sy toonsetting van Ingrid Jonker-gedigte. In hierdie eerste radio-onderhoud wat Chris in ses jaar toestaan, laat Henco nie op hom wag nie en val met die deur in die huis deur vir Chris te vra hoe hy dit op 53-jarige ouderdom kan bekostig om afgetree te wees. Henco pols hom verder oor hoeveel hektaar grond en vee hy het, die een vraag wat boere nooit onder mekaar vra nie. Een van die belangrikste lesse wat Chris geleer het, is dat die pad na genoeg geld nie met meer geld geteer is nie......more8minPlay
December 03, 2024RSG Help 3 Desember 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Phela Ntle)...more10minPlay
November 28, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 28 November 2024Chanel Hauvette vertel tien dinge wat jy van ’n marine veldwagter moet weet....more11minPlay
November 27, 2024Kuns met kontant 27 November 2024Deel 2: Haar pad na sukses was ‘n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers is. In 2000 maak sy ‘n groot deurbraak toe “Sonneblom uit Bethlehem” deur Laurika Rauch opgeneem word. Haar liedjies wat ons nou hoor is almal toekomstige “classics”. Sy het voor haar sangloopbaan posgevat het, skool gehou, tuine uitgelê en houtwerk gedoen - enige iets om aan die lewe te bly terwyl sy haar gehore gebou het. Nadat “Sonneblom uit Bethlehem” haar bekend gemaak het, het dit nog vier jaar se harde werk geverg om ‘n winsgewende en finansieël lonende sangloopbaan te vestig. Haar eerste optrede by ‘n kunstefees het haar R4 000 uit haar eie sak gekos. Die volgende jaar het dit haar R2 000 gekos, en die jaar daarna sy gelykgebreek. Die volgende jaar is sy genooi om weer op te tree, en het die organiseerders haar betaal. Dit was dit ook die patroon wat al die ander kunstefeeste in die land met haar gevolg het. In 2012 gebeur die ergste ding in die lewe met haar toe haar lewensmaat sterf. Sy vertel hoe sy haar pad na herstel na dié reuse terugslag en trauma, veral vanuit ‘n finansiële oogpunt moes aandurf....more10minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.