Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 26 Maart 2025
    Deel 2: Chereé Strydom en haar ewe talentvolle sangerman Wynand Strydom vermaak gehore al die afgelope 20 jaar met hulle countryklanke. Vanuit Langebaan aan die Weskus praat Chereé, wat Henco Kruger as Suid-Afrika se eie country girl beskryf, openhartig oor die uitdagings in haar en Wynand se lewe as ‘n egpaar wat voltyds in die Afrikaanse musiekbedryf werk, hulle huis wat afgebrand het, en wat dit verg om tussendeur optredes en lang toere op die pad suksesvolle entrepreneurs en ouers van twee dogtertjies te wees. As voltydse sangers het Chereé en Wynand al aan albei kante van die tafel gesit i.t.v. platekontrakte deur sonder ‘n platemaatskappy onafhanklik op te tree, en dan weer om bande met ‘n platemaatskappy te hê. Sy praat oor die finansiële druk wat met albei gevalle gepaard gaan. Kom vind uit hoe hulle as een van bittermin voltydse sangpare, wat ook egpare is, dit regkry om die pot aan die kook te hou, en wie in die huwelik sy of haar vinger op die huishouding se maandelikse begroting hou. En as geld die grootste oorweging was, sou Chereé iets anders in die lewe wou doen of steeds sang as loopbaan kies? En as geld en aardse besittings nie ‘n faktor was nie, waarna sou jy eerste gryp en die huis mee uitstorm terwyl jou huis afbrand? Van iemand wat dit al moes doen, mag haar antwoorde jou dalk net verbaas...
    8 min
  • RSG Help 25 Maart 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Wild Buggers Beach Buggy & Reach for a Dream)
    9 min
  • Kuns met kontant 19 Maart 2025
    Deel 1: Chereé Strydom en haar ewe talentvolle sangerman Wynand Strydom vermaak gehore al die afgelope 20 jaar met hulle countryklanke. Vanuit Langebaan aan die Weskus praat Chereé, wat Henco Kruger as Suid-Afrika se eie country girl beskryf, openhartig oor die uitdagings in haar en Wynand se lewe as ‘n egpaar wat voltyds in die Afrikaanse musiekbedryf werk, hulle huis wat afgebrand het, en wat dit verg om tussendeur optredes en lang toere op die pad suksesvolle entrepreneurs en ouers van twee dogtertjies te wees. As voltydse sangers het Chereé en Wynand al aan albei kante van die tafel gesit i.t.v. platekontrakte deur sonder ‘n platemaatskappy onafhanklik op te tree, en dan weer om bande met ‘n platemaatskappy te hê. Sy praat oor die finansiële druk wat met albei gevalle gepaard gaan. Kom vind uit hoe hulle as een van bittermin voltydse sangpare, wat ook egpare is, dit regkry om die pot aan die kook te hou, en wie in die huwelik sy of haar vinger op die huishouding se maandelikse begroting hou. En as geld die grootste oorweging was, sou Chereé iets anders in die lewe wou doen of steeds sang as loopbaan kies? En as geld en aardse besittings nie ‘n faktor was nie, waarna sou jy eerste gryp en die huis mee uitstorm terwyl jou huis afbrand? Van iemand wat dit al moes doen, mag haar antwoorde jou dalk net verbaas...
    9 min
  • Kuns met kontant 12 Maart 2025
    Deel 2: As jy nie Strijdom van der Merwe se treffende landskapkuns sien nie, loop jy ‘n seldsame ervaring mis. En, wonder jy soms oor strate vol bome in jou stad wat in kleurryke doeke getooi en toegedraai is? Dit was in 2008 Strijdom van der Merwe se kreatiewe geesteskind toe hy 400 bome op Stellenbosch versier het. Daarna het die tendens in vele stede regoor die wêreld posgevat. Sy ateljee is die natuur, en sy reuse beeldwerke wat in die buitelug bekoor, het ‘n spoor wat wyd en ver oor die aarde kronkel. Hy is oral in aanvraag, en is met die gesogte Amerikaanse Jackson-Pollock prys bekroon. Vir die publiek, in vergelyking met die “standaard aanvaarbare” kunsvorms, is sy kuns baie uniek en verg dit dus ‘n unieke benadering om dit in geld om te sit. Kom vind uit wat landkuns is, en of dit ‘n geldmaker is.
    9 min
  • RSG Help 11 Maart 2025
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Christian Rehabilitation Ministries to the Homeless in George)
    11 min
  • Kuns met kontant 5 Maart 2025
    Deel 1: As jy nie Strijdom van der Merwe se treffende landskapkuns sien nie, loop jy ‘n seldsame ervaring mis. En, wonder jy soms oor strate vol bome in jou stad wat in kleurryke doeke getooi en toegedraai is? Dit was in 2008 Strijdom van der Merwe se kreatiewe geesteskind toe hy 400 bome op Stellenbosch versier het. Daarna het die tendens in vele stede regoor die wêreld posgevat. Sy ateljee is die natuur, en sy reuse beeldwerke wat in die buitelug bekoor, het ‘n spoor wat wyd en ver oor die aarde kronkel. Hy is oral in aanvraag, en is met die gesogte Amerikaanse Jackson-Pollock prys bekroon. Vir die publiek, in vergelyking met die “standaard aanvaarbare” kunsvorms, is sy kuns baie uniek en verg dit dus ‘n unieke benadering om dit in geld om te sit. Kom vind uit wat landkuns is, en of dit ‘n geldmaker is.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!