Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 13 November 2024
    Deel 2: As boorling van Hankey in die Oos-Kaap, was die idee van 'n loopbaan as voltydse komediant 'n verre droom, maar 'n Marc Lottering-vertoning in sy studentedae het volgens Alfred Adriaan alles vir hom verander. Wanneer dit by goeie humor kom, glo dié aanbieder en grapjas die grappe moet eg en geloofwaardig wees, en 'n vloekwoord is nie 'n punchline nie. Hy raak ook nie aan slaapkamerstories, politiek of geloof nie. "My ma het my nie so grootgemaak nie, en ek vind daardie onderwerpe boonop nie snaaks nie. Daar is so baie ander dinge, veral in Suid-Afrika, waaroor ons saam kan lag en spot," vertel hy. Diegene wat hom nie van die verhoog of televisie ken nie, het heel moontlik al Alfred se skreeusnaakse video's op sosiale media teëgekom. Met talle suksesvolle plaaslike en buitelandse produksies en toere, én meer as 100 000 volgelinge op sosiale media, is dit moeilik om te dink dat die grapmaker nie té lank terug gesukkel het om gehore van 40 mense te lok nie. Met 'n B.Com-bemarkingsgraad het hy jare lank vir verskeie groot name in die verbruikersgoederebedryf gewerk. Tussendeur het hy die waters van televisiewerk en reklame getoets, maar die uiteindelike waagstuk om sy korporatiewe pos én goeie salaris vir sy droom van komedie prys te gee, sou eers later in 2018 gebeur toe dinge in sy guns begin swaai. Die hordes kykers wat weens die Covid-19-pandemie na hulle fone vir vermaak gedryf is, het die finale kersie op die koek geplaas. Hoewel hy geen voornemende komediant ontmoedig nie, waarsku hy dat sukses op sosialemediaplatforms nie alleen genoeg is om kos op die tafel te sit nie. Jy moet jou op verhoogwerk toespits.
    8 min
  • RSG Help 12 November 2024
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hanna Charity & Empowerment Foundation – Amanzimtoti-tak)
    11 min
  • Gerrie en die vlermuise
    TV-aanbieder, wêreldreisiger en sanger, Gerrie Pretorius, het weer die pad gevat. Dié keer darem nie te ver nie, aangesien hy hom steeds in Afrika bevind. Hy is in die noorde van Zambië, waar hy een van die mees asemrowende natuurverskynsels dophou.
    12 min
  • Kuns met kontant 6 November 2024

    Deel 1: As boorling van Hankey in die Oos-Kaap, was die idee van 'n loopbaan as voltydse komediant 'n verre droom, maar 'n Marc Lottering-vertoning in sy studentedae het volgens Alfred Adriaan alles vir hom verander. Wanneer dit by goeie humor kom, glo dié aanbieder en grapjas die grappe moet eg en geloofwaardig wees, en 'n vloekwoord is nie 'n punchline nie. Hy raak ook nie aan slaapkamerstories, politiek of geloof nie. "My ma het my nie so grootgemaak nie, en ek vind daardie onderwerpe boonop nie snaaks nie. Daar is so baie ander dinge, veral in Suid-Afrika, waaroor ons saam kan lag en spot," vertel hy. Diegene wat hom nie van die verhoog of televisie ken nie, het heel moontlik al Alfred se skreeusnaakse video's op sosiale media teëgekom. Met talle suksesvolle plaaslike en buitelandse produksies en toere, én meer as 100 000 volgelinge op sosiale media, is dit moeilik om te dink dat die grapmaker nie té lank terug gesukkel het om gehore van 40 mense te lok nie. Met 'n B.Com-bemarkingsgraad het hy jare lank vir verskeie groot name in die verbruikersgoederebedryf gewerk. Tussendeur het hy die waters van televisiewerk en reklame getoets, maar die uiteindelike waagstuk om sy korporatiewe pos én goeie salaris vir sy droom van komedie prys te gee, sou eers later in 2018 gebeur toe dinge in sy guns begin swaai. Die hordes kykers wat weens die Covid-19-pandemie na hulle fone vir vermaak gedryf is, het die finale kersie op die koek geplaas. Hoewel hy geen voornemende komediant ontmoedig nie, waarsku hy dat sukses op sosialemediaplatforms nie alleen genoeg is om kos op die tafel te sit nie. Jy moet jou op verhoogwerk toespits.

    9 min
  • Kuns met kontant 30 Oktober 2024
    Deel 2 - Tiro is Tswana-sprekend, maar hy praat én sing in Afrikaans. Na amper 20 jaar in die musiekbedryf, en voltyds boer op sy familiplaas buite Otawi, Namibië, is daar steeds nuwe avonture wat hierdie passievolle kunstenaar wil aanpak. Hy is in Gobabis gebore, en het in Otjiwarongo grootgeword. Hy het in 2006 aan die eerste Afrikaanse Idols deelgeneem, waar hy die Top 16 gehaal het. Tiro het al sy verskyning in talle kykNET-programme gemaak asook ‘n hele paar SABC-programme. Hy het onlangs vir die derde keer op Noot vir Noot verskyn. Tiro het finansiering ontvang vir sy eerste Afrikaanse album nadat ‘n maatskappy sy fluweelstem by ‘n funksie gehoor het. Hy is ‘n veelsydige kunstenaar met ‘n sterk repertoire van Pop, Country, Gospel en ligte klassieke musiek. Hy pas by enige geleentheid in en bly getrou aan sy musiek, en sing ook graag in Afrikatale. Die publiek geniet Tiro se borrelende verhoogpersoonlikheid, sy glimlag wat harte steel en ‘n nederigheid wat mense inspireer. Tiro gesels met ons vanaf sy plaas, en deel hoe ’n skaapboer, wat sing, sy twee loopbane finansieël bestuur.
    8 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!