Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.
November 08, 2023Kuns met kontant 8 November 2023Sy lei haar beste lewe, want sy kies elke dag dankbaarheid. En omdat sy gekies het om haar seer te versorg, is die TV-ster Leandie du Randt gemaklik in haar vel. Sy het haarself gekoester op haar eie kronkelpad van seerkry, en gevra vir al die mooi dinge wat nou manifesteer in haar lewe. Sy gebruik ‘n visiebord om finansiële sukses te bereik, en vertel in hierdie openhartige onderhoud hoe sukses in jou lewe manifesteer wanneer jy dit neerskryf en visualiseer. Benewens finansiële sukses, glo sy vas dat as jy gesondheid het, is jy die rykste mens op aarde, want geen geld kan dit koop nie....more29minPlay
November 07, 2023RSG Help 7 November 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Lefika La Phodiso kunsterapie)...more10minPlay
November 01, 2023Kuns met kontant 1 November 2023Hulle is ‘n Afrikaanse rockgroep van die Paarl. Hulle bestaan uit vier aandeelhouers van die maatskappy, Spoegwolf, wat hulle gestig het. Wanneer hulle op die verhoog musiek maak met voorsanger Danie Reënwolf, wat altyd kaalvoet en kaalbolyf sing en dans, kan mens jou amper nie indink wat ‘n welvarende maatkspappy so ‘n rockgroep kan wees nie. Die lede van Spoegwolf vertel hoe hulle die maatskappy bedryf, en wys die ligter kant van geld....more11minPlay
October 31, 2023RSG Help 31 Oktober 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Dynamic Women for Children)...more10minPlay
October 25, 2023Kuns met kontant 25 Oktober 2023In hierdie openhartige gesprek met die veelbekroonde aktrise en doyenne van die verhoog, Sandra Prinsloo, vertel sy hoe ons die pyn van die verlede moet erken, maar ook geleenthede moet raaksien. Sy gebruik die afgelope 50 jaar haar talent om ’n verskil te maak deur belangrike sake soos klasseverskille aan te spreek. Die karakter Tiemie in Siener in die Suburbs het vir Sandra gewys dat daar baie mense is wat letterlik en figuurlik anderkant die treinspoor woon as gevolg van finansies. In The Gods Must Be Crazy het die wêreldbekende Khoisan-man, Nxi, vir Sandra gewys dat aardse besittings en geld nie belangrik is nie....more27minPlay
October 24, 2023RSG Help 24 Oktober 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (King's Hope Ontwikkelingstigting)...more9minPlay
October 18, 2023Kuns met kontant 18 Oktober 2023Deel 2: Reynardt Hugo sê agter sy glansbeeld as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, en as oud-lid van van die sanggroep Adam, het daar jare lank probleme geskuil. Sewe jaar gelede het hy besluit om sy lewe om te keer. Hy het alles wat hom ongelukkig maak en gewoonlik die pad laat byster raak, by die agterdeur uitgegooi en by 'n psigiatriese kliniek aangeklop. Daar is bipolêre depressie en angsversteurig by hom gediagnosieer. Reynardt is nie meer skaam om oor sy pynlike jare te praat nie, en hy lig die sluier daaroor in hierdie gesprek. Al is daar vrese om die die mees intieme besonderhede van sy donkerste seisioen aan RSG-luisteraars bloot te lê, ervaar hy nie skaamte nie. Hy wil ander help om te ontsnap uit die wurggreep van finansiële probleme en verslawing. Hy moes van voor af vir homself lief raak, en tóé eers kon sy vrou Anna weer van voor af vir hóm lief raak. Dis asof die vorige Reynardt nie meer bestaan nie, en dis hoe hulle as getroude egpaar vandag met 'n seuntjie daaroor dink. Dis in die verlede, dis verby en hy is jare lank nie meer daardie mens nie....more55minPlay
October 17, 2023RSG Help 17 Oktober 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Jeffreysrus Aftreeoord)...more10minPlay
October 11, 2023Kuns met kontant 11 Oktober 2023Deel 1: Reynardt Hugo sê agter sy glansbeeld as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, en as oud-lid van van die sanggroep Adam, het daar jare lank probleme geskuil. Sewe jaar gelede het hy besluit om sy lewe om te keer. Hy het alles wat hom ongelukkig maak en gewoonlik die pad laat byster raak, by die agterdeur uitgegooi en by 'n psigiatriese kliniek aangeklop. Daar is bipolêre depressie en angsversteurig by hom gediagnosieer. Reynardt is nie meer skaam om oor sy pynlike jare te praat nie, en hy lig die sluier daaroor in hierdie gesprek. Al is daar vrese om die die mees intieme besonderhede van sy donkerste seisioen aan RSG-luisteraars bloot te lê, ervaar hy nie skaamte nie. Hy wil ander help om te ontsnap uit die wurggreep van finansiële probleme en verslawing. Hy moes van voor af vir homself lief raak, en tóé eers kon sy vrou Anna weer van voor af vir hóm lief raak. Dis asof die vorige Reynardt nie meer bestaan nie, en dis hoe hulle as getroude egpaar vandag met 'n seuntjie daaroor dink. Dis in die verlede, dis verby en hy is jare lank nie meer daardie mens nie....more13minPlay
October 10, 2023RSG Help 10 Oktober 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Laat Waai Papagaai)...more10minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.