Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 18 September 2024
    Deel 2: Die televisiester, ontwerper van trourokke en modeontwerper, Diaan Daniels, praat oor sy nuwe uitkyk op die lewe sedert hy vyf jaar gelede 40 geword het. Hy is een van Suid-Afrika se mees bekroonde ontwerpers. Diaan het 27 jaar gelede sy merk as 18-jarige vanuit sy ouerhuis in Bloemfontein gemaak, toe hy 'n rok vir Brümilda van Rensburg en 'n troupak vir Kurt Darren ontwerp het. Hoewel hy deesdae nie sy geluk koppel aan sy loopbaansukses nie, raak hy steeds opgewonde oor hoogtepunte soos sy nuwe ontwerpe wat hy tans vir die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, doen. Jy kan jou droomrok by Diaan Daniels Couture koop, huur of laat finansier. Diaan vertel hoe sy besigheidsmodel en persoonlike finansies werk. Hy praat ook oor die ooreenkomste tussen modeontwerp en sy jongste rol as binnenshuise ontwerper, binneversierder en eiendomsagent.
    9 min
  • Kuns met kontant 11 September 2024
    Deel 1: Die televisiester, ontwerper van trourokke en modeontwerper, Diaan Daniels, praat oor sy nuwe uitkyk op die lewe sedert hy vyf jaar gelede 40 geword het. Hy is een van Suid-Afrika se mees bekroonde ontwerpers. Diaan het 27 jaar gelede sy merk as 18-jarige vanuit sy ouerhuis in Bloemfontein gemaak, toe hy 'n rok vir Brümilda van Rensburg en 'n troupak vir Kurt Darren ontwerp het. Hoewel hy deesdae nie sy geluk koppel aan sy loopbaansukses nie, raak hy steeds opgewonde oor hoogtepunte soos sy nuwe ontwerpe wat hy tans vir die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, doen. Jy kan jou droomrok by Diaan Daniels Couture koop, huur of laat finansier. Diaan vertel hoe sy besigheidsmodel en persoonlike finansies werk. Hy praat ook oor die ooreenkomste tussen modeontwerp en sy jongste rol as binnenshuise ontwerper, binneversierder en eiendomsagent.
    9 min
  • Kuns met kontant 4 September 2024
    Deel 2: Brümilda van Rensburg is een van Suid-Afrika se mees bekroonde akteurs. Sy is veral bekend vir haar uitbeelding van Louwna in Egoli: Plek van Goud, wat meer as 44-miljoen kykers regoor Afrika gelok het. Sy het 18 jaar lank in hierdie reeks gespeel. Die afgelope 20 jaar bedryf sy een van Suid-Afrika se mees gesogte dramaskole, en enigiemand in die bedryf sal hulle voortande gee om deur haar drama-agentskap bestuur en verteenwoordig te word. Brümilda het nooit rykdom en roem nagestreef nie, maar wel om hard te werk en sukses te behaal. Daarin was sy suksesvol, maar ‘n mens moet tog tot 'n mate bekend en beroemd wees as Madiba jou ken nog voor julle eerste ontmoeting en jou op jou naam noem. Brümilda vertel hoe sy die finansiële aspekte van haar lang loopbaan, dramaskool en drama-agentskap oor die jare met 'n ystervuis bestuur het. Sy deel haar waardevolste les in die lewe: Jy kan net in oorvloed leef as jy in oorvloed gee.
    9 min
  • Gerrie en Adriaan van die Namakwaland
    Sanger en wêreldreisiger Gerrie Pretorius het gaan blomme kyk in Namakwaland. Daar het hy vir Adriaan Nieuwoudt raakgeloop. Vinnig het Gerrie besef dat die boere van die omgewing die blommetyd baie anders as die toeriste beleef.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!