Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
May 01, 2024Kuns met kontant 1 Mei 2024Deel 1: Hy is letterlik en figuurlik ‘n “straight shooter”. Hy is ‘n top en bekende private ondersoeker. Hy maak ‘n verskil in veiligheid en sekerheid deurdat hy misdaad identifiseer, analiseer, ondersoek en oplos. Hy is ook ‘n mense-mens soos Henco Kruger met die intrapslag by Mike Bolhuis se huis agterkom. Henco het vinnig tot ‘n dieper insig oor die mens wat Mike werklik is, gekom - in teenstelling met hoe die media hom voorstel. Mike Bolhuis is in alle opsigte baie uniek, en wie beter om te raadpleeg oor hoe om glyjakkalse en skurke daarbuite wat jou geld wil steel, te vermy? Vir iemand wat al ‘n losprys van miljoene rand op sy kop gehad het, vind Henco vinnig uit dat Mike Bolhuis vrede het, en dat hy niks in die lewe vrees nie. Sy goue reël wanneer dit by enige geldsake of transaksies kom, is om vooraf die volgende stappe te volg: identifikasie; evaluering, platformprofielondersoek en risiko-ontledingsondersoek. Vind meer uit hieroor en oor die mens Mike Bolhuis....more9minPlay
April 30, 2024RSG Help 30 April 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Heidelberg Vereninging vir Bejaardes)...more11minPlay
April 25, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 25 April 2024Harry Isaacs vertel tien dinge wat jy van langspeelplate moet weet....more10minPlay
April 24, 2024Kuns met kontant 24 April 2024Deel 2: Radio-en televisiepersoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp het tans die nommer een ouerskap-potgooi in die land, wat ouers maklike toegang tot nuttige ouerskapwenke en inligting bied. Sy vertel hoe 'n mens geld d.m.v. suksesvolle potgooi-reekse en sosiale media in die algemeen maak. Haar twee gunsteling Afrikaanse woorde is goedhartigheid en geduld. Sy glo mens moet geduld aan die dag lê wanneer dit by jou beleggings en finansies kom. Sy laat haarself toe om oor uitdagings in die lewe te huil, uit te stel en selfs te skree, maar sy laat haarself nooit toe om dit te vrees nie - nie eers finansiële uitdagings nie. Verder glo sy deur goedhartig te leef en met 'n oop hand deur die lewe te gaan, kan jy gee én ontvang....more23minPlay
April 23, 2024RSG Help 23 April 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Johannesburg Kinderwelsyn)...more14minPlay
April 18, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 18 April 2024Nianell vertel tien dinge wat jy moet weet om jou lewe makliker te maak....more13minPlay
April 17, 2024Kuns met kontant 17 April 2024Deel 1: Radio-en televisiepersoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp het tans die nommer een ouerskap-potgooi in die land, wat ouers maklike toegang tot nuttige ouerskapwenke en inligting bied. Sy vertel hoe 'n mens geld d.m.v. suksesvolle potgooi-reekse en sosiale media in die algemeen maak. Haar twee gunsteling Afrikaanse woorde is goedhartigheid en geduld. Sy glo mens moet geduld aan die dag lê wanneer dit by jou beleggings en finansies kom. Sy laat haarself toe om oor uitdagings in die lewe te huil, uit te stel en selfs te skree, maar sy laat haarself nooit toe om dit te vrees nie - nie eers finansiële uitdagings nie. Verder glo sy deur goedhartig te leef en met 'n oop hand deur die lewe te gaan, kan jy gee én ontvang....more9minPlay
April 16, 2024RSG Help 16 April 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Save a Child)...more9minPlay
April 11, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 11 April 2024Byeboer Robert Post vertel tien dinge wat jy van bye moet weet....more13minPlay
April 10, 2024Kuns met kontant 10 April 2024Deel 2: Dis die kenmerkende warm stem wat RSG-luisteraars intiem ken, maar Lochner de Kock is in soveel neringe suksesvol - akteur, sanger, liedjieskrywer, stemkunstenaar, bobaaskok en resepteboekskrywer. Oor al die kronkels en draaie van 'n veelsydige loopbaan is hy dankbaar, en glo die lewe het sy loopbaan vir hom gekies en dat hy nie sy loopbaan gekies het nie. Hy het sy loopbaan as 'n sweefstok-arties in 'n sirkus in Londen begin, want Lochner sê hy probeer letterlik alles in die lewe, maar verkies om nie alles in die lewe te probeer wanneer dit by sy geld kom nie....more9minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.