Die realiteitsprogram, Boer Soek ‘n Vrou, het vir heelwat troues en babas gesorg, maar nog net een sangduo. Richann Brussow het in Suid-Afrikaners se harte geklim tydens die 13e seisoen van die reeks toe hy gesoek het vir die vrou van sy lewe. Kort ná die laaste episode hy en een van die deelnemers Suid-Afrika as die sangduo, Reën, verras met hulle eerste enkelsnit, Vrystaat Vlaktes. Dit het oornag ‘n groot treffer geword. Aanpassings aan sy finansies, boerdery én sy sangloopbaan was vir hierdie boer van Vredefort en Viljoenskroon nodig, veral toe hy ‘n nuwe sangmaat vir Reën moes vind. Die finansiële bestuur van ‘n sangloopbaan werk heelwat anders in die geval van ’n duet, want dan is daar twee hoofsangers wat vergoed moet word. Wanneer hy nie op die langpad toer of met skape boer nie, plant en oes hy liedjies by sy tuisateljee op sy plaas, wat hy die Liedjieplaas gedoop het.