Sy eerste album, Mercy, in 1999 het nie groot aandag geniet nie, maar vandag ná ‘n uiters suksesvolle sangloopbaan van 25 jaar, skryf hierdie man wat diep spore in die musiekbedryf getrap het, alles toe aan genade. Sy daaropvolgende album, Op Aanvraag, met treffers soos Ou Ryperd, Tussen Jou En My en Grassade het in 2001 van hom ‘n huishoudelike naam gemaak. Vandag is hy nog net so in aanvraag, maar geniet dit die meeste om sy aanhangers by sy konsertvenue en teaterrestaurant in Hartbeespoort te vermaak. Dozi sing in sy lied, As Jy Deur Hel Gaan, dat hy al op sy laaste Rand was. Kom vind uit wannrer dit in sy lewe was en ook wanneer hy besef het dat hy sy brood as ‘n sanger gaan verdien.