Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
January 02, 2024RSG Help 2 Januarie 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Dynamic Women for Children)...more10minPlay
December 26, 2023RSG Help 26 Desember 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Emunah Foundation)...more16minPlay
December 20, 2023Kuns met kontant 20 Desember 2023Hy speel elke dag van sy lewe vleuel - nie linker of regtervleuel nie - die vleuelklavier. Hy is 'n Steinway-kunstenaar dus word sy naam in dieselfde asem as pianiste soos Sergei Rachmaninoff genoem. Hierdie oud-Bloemfonteiner is seker die bedrywigste pianis in die land en is meer as 20 jaar Nataniël se eksklusiewe begeleier wanneer hy nie self tuis en in die buiteland met sy Charl du Plessis-trio toer nie. As wêreldbekende pianis wat jaarliks in konsertsale soos die Royal Albert Hall in Londen, die Berliner Philharmonie in Duitsland, die Shangai Oriental Arts Centre in China en die Elbphilharmonie in Hamburg speel is daar drie vrae wat Dr Charl du Plessis sy voornemende kliënte vra wanneer hy hulle kwoteer vir sy dienste. Kom vind uit wat daardie drie vrae is. Vroeër in sy lewe het hy hard gewerk uit vrees vir armoede maar vandag werk hy hard vir die liefde wat hy vir sy kunsvorm het. In die aanloop tot Kersfees delf Charl in sy Kersmusiekskat en sluit hierdie spesiale Kersepisode van Kuns met Kontant met klavierspel af. ...more34minPlay
December 19, 2023RSG Help 19 Desember 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Heart for Children)...more12minPlay
December 13, 2023Kuns met kontant 13 Desember 2023Sy verstaan politiek en sy verstaan ook mense wat nie politiek verstaan nie. Sy is ook ‘n tv-aanbieder, radiopersoonlikheid, skrywer en filmregisseur. Sy het ‘n pragtige stem wat jy binne oomblikke van televisie herken maar Henco met 'n c onthou haar goed as destydse aanbieder van RSG Kuns en ‘n nutsmanrubriek met die titel Vloerplan in 2006/2007 hier op RSG. Kort daarna het mense haar op Kyknet as die aanbieder van Oulap se rooi leer ken. Haar naam is eintlik Karen-Christine Meiring maar almal noem haar Kabous. Uit die aard van haar werk hou sy voltyds haar vinger op die pols wanneer dit by sosiale-en kultuurkwessies kom. In hierdie aflewering van Kuns met kontant vertel Kabous Meiring dat sy ook haar vinger op die pols hou wanneer dit by kultuur-en kontantkwessies kom....more30minPlay
December 12, 2023RSG Help 12 Desember 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes...more6minPlay
December 06, 2023Kuns met kontant 6 Desember 2023Tot twee maande gelede het hy nog nooit oor 'n mikrofoon gesing nie. Verlede week is hy as wenner van Die Kontrak Seisoen 3 gekroon. Met sy plakkies en sy mooi stem het Chris Steyn week-na-week talle harte verower op Die Kontrak om uiteindelik te wen. Kuns Met Kontant vereenselwig die vermaaklikheidswêreld met die werêld van finansies. Keer op keer is die tema van kontrakwerk 'n groot besprekingspunt tussen Henco en sy gaste. Wie beter om daaroor te gesels as die man wat Die Kontrak gewen het? ...more15minPlay
December 05, 2023RSG Help 5 Desember 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (TLU SA)...more12minPlay
December 04, 2023Werner "Smiley" Swanepoel glimlag steedsDie Vrydag voor die Springbokke vir Nieu-Seeland gepak het in die Wêreldbeker-eindstryd van 2023, het die voormalige Bok-skrumskakel, Werner Swanepoel in die ateljee 'n draai kom maak. Hy het sy ervaring van die 1999-toernooi waarvan hy deel was, met ons gedeel. Hy praat ok oor sy lewe na rugby....more50minPlay
December 04, 2023Wyle Hannes Strydom praat oor die 27 jaar sedert die 1995-glorieOp Vrydag 24 Junie 2022 het die Springbok-legende, wyle Hannes Strydom in die ateljee kom kuier. Op die dag, 27 jaar vantevore het Francois Pienaar se Bokspan vir die eerste keer en met hul eerste probeerslag, die Webb Ellis-trofee verower. Hannes deel sy herinneringe van die dag en praat ook oor die wending wat sy lewe sederdien geneem het....more52minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.