Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.
October 18, 2022RSG Help 18 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Rockaby Baby House)...more12minPlay
October 12, 2022Kuns met kontant 12 Oktober 2022Hy is sedert die jare 90 ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is die kaptein van dans- en saamsingmusiek. Trefferliedjies soos Kaptein, Loslappie, Meisie Meisie en Hemel Op Tafelberg het hom die koning van sokkie gemaak. Hy is ‘n superster in Suid-Afrika en Europa, met veral Belgiese en Nederlandse sangers wat tou staan om sy liedjies te koop en op te neem. Kurt Darren se nuutste trefferliedjie is, Wat My Pa Sou Sê. In hierdie openhartige gesprek draai Henco Kruger hierdie liedjie se woorde om, en wil hy by Kurt weet wat hy vir sy pa sou sê....more26minPlay
October 11, 2022RSG Help 11 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Project Schools)...more11minPlay
October 06, 2022Eerste Vrydag (op 'n Donderdag): Danie BothaElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Danie Botha....more37minPlay
October 05, 2022Kuns met kontant 5 Oktober 2022Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers besluit om die wonder van die natuur te vier met ’n treffende duet? ’n Hoendervleismooi liedjie word geskep, wat Afrikaanse musiekharte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die woestyn. NAG IN DIE NAMIB pas Jannie Moolman en Helenè Bester se stemme soos ’n handskoen, en is een van daardie enkelsnitte wat dadelik in jou kop vassteek omdat dit nes die Namib, jou asem wegslaan. Die twee musikante sing al jare lank saam, maar het die moontlikheid om saam oor hulle geldsake te gesels eers oorweeg toe Henco by hulle gaan kuier het, en die eerste aflewering van Kuns met kontant opgeneem het waarin twee swaargewigte van die Afrikaanse musiekbedryf openhartig gesels....more13minPlay
October 04, 2022RSG Help 4 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (The Pink Drive)...more12minPlay
September 28, 2022Kuns met kontant 28 September 2022Anton Goosen se musiek is so deel van die Afrikaanse kultuur soos melktert, braaivleis en koeksisters. Daarom is dit heel gepas dat hierdie legendariese Liedjieboer se naam en handelsmerk voortaan verbind sal word aan ’n nuwe reeks eksklusiewe vellies, die Jantjie en Katryntjie veldskoene, wat volgens sy unieke spesifikasies vervaardig is. Anton, wat reeds sedert die tagtigs veldskoene op die verhoog dra, was nog altyd versot op hierdie gemaklike skoen en het selfs ’n 1980-skildery (deur Hermien Spies) van ’n paar wat hy by Karasburg Handelshuis in die ou Suidwes-Afrika gekoop het, op die omslag van sy derde album, Liedjieboer, gebruik. Kom luister na die geldpad wat Anton met hierdie vellies gestap het....more39minPlay
September 27, 2022RSG Help 27 September 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Cupcakes of Hope)...more10minPlay
September 21, 2022Kuns met kontant 21 September 2022Dit is vanjaar 16 jaar sedert Bok van Blerk se gewilde liedjie, De La Rey, die harte van musiekliefhebbers verower het, en hom een van Afrikaans se grootste kunstenaars van alle tye gemaak het. Wat jy sien is wat jy kry, en terselftertyd kry Bok dit uitstekend reg om sy passie vir die buitelewe, jag en visvang by sy handelsnaam te inkorporeer. Dit maak hom 100% outentiek en waarborg so die langslewendheid van sy loopbaan; dit verseker ook dat daar nie enige “plastic” van die bedryf op hom afsmeer nie. Hy kom aanvanklik uit die kontrsuksiebedryf; dis nie verbasend dat hy geweet het hoe om sy sangloopbaan op stewige fondasie te bou nie. Koop hy soms impulsief jag- en visvang toerusting? Ja! Weet Bok se vrou wat die werklike koste van sy jag- en visvangtoerusting is? Nee!...more12minPlay
September 20, 2022RSG Help 20 September 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Monte Christo Miqlat)...more14minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.