Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Wen met Spitstyd en XERO - Deel 1

    [PROMOSIE] Indien jy ‘n besigheid bestuur, weet jy dat dit noodsaaklik is om tred te hou met die jongste tegnologie. Om te belê in ‘n digitale stelsel vereenvoudig onder meer finansiële take. Wolk-tegnologie integreer met ander toepassings. XERO het ‘n aanlyn toepassingswinkel met meer as 1 000 toepassings wat aan die XERO-rekeningkundige sagteware gekoppel kan word. Dink aan oplossings vir kontantvloei, die bestuur van voorraad, die samestelling van verslae tot menslike hulpbronne-hulpmiddels. Om meer uit te vind oor hoe XERO jou besigheid kan help, besoek die XERO-webwerf by https://www.xero.com/za/campaign/self-made/. Luister elke middag Spitstyd tot 28 Maart om uit te vind hoe jy R10 000 kontant kan wen. Bepalings en voorwaardes geld. Wenners sal deur die adverteerder gekontak word, en binne 20 dae betaling ontvang. RSG aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige produk of diens wat geadverteer word nie.

    12 min
  • Kuns met kontant 20 Maart 2024
    Deel 1: Henco Kruger en Anneline Kriel, eertydse Mej. Wereld en Mej. Suid-Afrika in 1974, kuier by haar woning in Kaapstad waar hulle oor die V&A Waterkant, Tafelberg en die woonbuurt uitkyk waar Anneline gewoon het voordat sy Mauritius toe verhuis het. Sy vertel hoe die titel haar op die wêreldkaart geplaas het, en hoe sy haar privaatheid moes prysgee. Sy vertel wat sy oor geld by haar ouers en tydens haar lang loopbaan as skoonheidskoningin geleer het.
    9 min
  • Kuns met kontant 13 Maart 2024
    Deel 2: Skryf het hom op die wêreldkaart geplaas. Deon Meyer het 20 romans en drie kortverhaalbundels. Sy boeiende boeke word in meer as 40 lande gedruk, en is al in 27 tale vertaal. Vier van sy meesterstukke is in internasionale TV-reekse omskep in opdrag van die topstromingsdiens in die wêreld. In 2021 het Frankryk hom tot ridder geslaan. Op 65 het hy lank en hard gewerk aan sy loopbaan, en dis vir hom lekker om nou op ‘n plek in sy lewe te wees waar hy suiwer vir die passie en lekkerte daarvan kan skryf. Hy hoef dit nie meer om den brode te doen nie, maar dit was nie altyd die geval toe hy vroeër in sy lewe ‘n voltydse joernalis was nie. Hy gesels met Henco Kruger by sy huis in Stellenbosch, kort voor hy na Italië vertrek waar hy ook ‘n huis het, om by sy kinders en kleinkind te gaan kuier – die spil waarom sy lewe draai.
    12 min
  • Kuns met kontant 6 Maart 2024
    Deel 1: Skryf het hom op die wêreldkaart geplaas. Deon Meyer het 20 romans en drie kortverhaalbundels. Sy boeiende boeke word in meer as 40 lande gedruk, en is al in 27 tale vertaal. Vier van sy meesterstukke is in internasionale TV-reekse omskep in opdrag van die topstromingsdiens in die wêreld. In 2021 het Frankryk hom tot ridder geslaan. Op 65 het hy lank en hard gewerk aan sy loopbaan, en dis vir hom lekker om nou op ‘n plek in sy lewe te wees waar hy suiwer vir die passie en lekkerte daarvan kan skryf. Hy hoef dit nie meer om den brode te doen nie, maar dit was nie altyd die geval toe hy vroeër in sy lewe ‘n voltydse joernalis was nie. Hy gesels met Henco Kruger by sy huis in Stellenbosch, kort voor hy na Italië vertrek waar hy ook ‘n huis het, om by sy kinders en kleinkind te gaan kuier – die spil waarom sy lewe draai.
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!