Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
January 25, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 25 Januarie 2024Althea Engelbrecht praat oor die tien dinge wat jy van ’n graad 1-onderwyser moet weet....more15minPlay
January 24, 2024Kuns met kontant 24 Januarie 2024Hy is baie geliefd onder RSG se luisteraars, en ‘n bekende stem in RSG se radiodramas. Aanbieder en regisseur Denver Vraagom en sy vrou. Ingrid Paulus, het onlangs Gauteng vir die Kaap verruil nadat hulle as egpaar in die akteursbedryf ‘n dubbele terugslag beleef het met 7de Laan wat ná 23 jaar tot ‘n einde gekom het. Ingrid het die rol van Vanessa, en Denver die rol van Sheldon, vertolk. In hierdie openhartige gesprek deel Denver intieme stories oor watter finansiële uitdagings die akteursbedryf vir ‘n huishouding stel, maar ook watter finansiële uitdagings daar binne die huis is wanneer die drankduiwel aan die huis se voordeur klop. Luister na hierdie inspirende storie oor hoe Denver Vraagom uitdagings in sy lewe, soos arm grootword, drankmisbruik en ‘n dogter met outisme, hanteer het....more17minPlay
January 23, 2024RSG Help 23 Januarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hope Promotions)...more10minPlay
January 19, 2024Vrydagkuier: Jo BlackSanger Jo Black kuier by Derrich Gardner in die Spitstyd-ateljee....more16minPlay
January 18, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 18 Januarie 2024Willem Pelser gesels met Carel de Jager, groepsleier vir Blokketting-Tegnologie by die WNNR....more12minPlay
January 17, 2024Kuns met kontant 17 Januarie 2024Die country-en gospelsanger Chris Else is een van nege kinders. Hy het in 'n musikale huis wat lief vir country-musiek is groot geword en altyd geweet dat hy sang sy loopbaan gaan maak. Henco met 'n c is ook aangenaam verras om te hoor hoeveel aansien Chris in Paraguay geniet en hoe hy bepaal wat hy kwoteer vir sy optredes in Paraguay en Brasilië. Kom luister saam hoe geloof, country en geld met mekaar versoen word tydens hierdie kuier by Chris se huis....more20minPlay
January 16, 2024RSG Help 16 Januarie 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (New Beginnings BFN)...more10minPlay
January 11, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 11 Januarie 202410 Dinge wat jy moet weet oor burgerlugvaart uit die oogpunt van 'n Emirates lugwaardin, Yolandi Nel. ...more11minPlay
January 10, 2024Kuns met kontant 10 Januarie 2024Die veteraan-rolprentvervaardiger André Scholtz vier vyf dekades in die plaaslike rolprentbedryf en sy naam is aan talle droomrolprente van Katinka Heyns, Dalene Matthee en Leon Schuster gekoppel. Ons almal gaan fliek maar André sou nooit kon droom dat dit sy lewe sou word nie. Die rolprentbedryf is gevul met onsekerheid maar die behoefte om ‘n goeie rolprent te vervaardig bly staan en hy sien homself as ‘n saaiboer met sy rolprente - jy weet nooit of dit wat jy geplant het, ‘n oes gaan oplewer nie. Hy deel in hierdie gesrpek hoe hy sy loopbaan finansieël volhoubaar kon volg en hoe mens tv-reekse en rolprente bekostigbaar vervaardig. ...more13minPlay
January 09, 2024RSG Help 9 Januarie 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hand a Smile)...more11minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.