Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.
February 06, 2024RSG Help 6 Februarie 2024RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (SCAS - Sport vir Christus Aksie Suid-Afrika)...more10minPlay
February 01, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 1 Februarie 2024Johan Marais van die Afrika Slangbytinstituut vertel tien dinge wat jy van slange moet weet....more11minPlay
January 31, 2024Kuns met kontant 31 Januarie 2024In hierdie onderhoud stel Bobby van Jaarsveld sy ateljee se deure aan RSG-luisteraars oop om by hom te sit terwyl hy sy splinternuwe liedjie, wat eersdaags vrygestel word, opneem. Tussendeur die opname vertel hy vir Henco Kruger hoe sy gesin se lewe verander het sedert hulle vyf jaar gelede Ballito hulle tuiste gemaak het. Hy deel die finansiële redes agter hierdie besluit, en vertel van die finansiële impak wat sy stembande en vele operasies daaraan op sy loopbaan die afgelope vier jaar gehad het. Hy spreek ook sy dankbaarheid uit teenoor die finansiële adviseur wat hom aan die begin van sy loopbaan aangeraai het om versekering vir sy stembande uit te neem. Bobby sing nie net nie, hy is 'n kranige entrepreneur met talle besighede op die kantlyn....more9minPlay
January 30, 2024RSG Help 30 Januarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Vredenheim Akademie)...more10minPlay
January 25, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 25 Januarie 2024Althea Engelbrecht praat oor die tien dinge wat jy van ’n graad 1-onderwyser moet weet....more15minPlay
January 24, 2024Kuns met kontant 24 Januarie 2024Hy is baie geliefd onder RSG se luisteraars, en ‘n bekende stem in RSG se radiodramas. Aanbieder en regisseur Denver Vraagom en sy vrou. Ingrid Paulus, het onlangs Gauteng vir die Kaap verruil nadat hulle as egpaar in die akteursbedryf ‘n dubbele terugslag beleef het met 7de Laan wat ná 23 jaar tot ‘n einde gekom het. Ingrid het die rol van Vanessa, en Denver die rol van Sheldon, vertolk. In hierdie openhartige gesprek deel Denver intieme stories oor watter finansiële uitdagings die akteursbedryf vir ‘n huishouding stel, maar ook watter finansiële uitdagings daar binne die huis is wanneer die drankduiwel aan die huis se voordeur klop. Luister na hierdie inspirende storie oor hoe Denver Vraagom uitdagings in sy lewe, soos arm grootword, drankmisbruik en ‘n dogter met outisme, hanteer het....more17minPlay
January 23, 2024RSG Help 23 Januarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hope Promotions)...more10minPlay
January 19, 2024Vrydagkuier: Jo BlackSanger Jo Black kuier by Derrich Gardner in die Spitstyd-ateljee....more16minPlay
January 18, 202410 Dinge wat jy moet weet van... 18 Januarie 2024Willem Pelser gesels met Carel de Jager, groepsleier vir Blokketting-Tegnologie by die WNNR....more12minPlay
January 17, 2024Kuns met kontant 17 Januarie 2024Die country-en gospelsanger Chris Else is een van nege kinders. Hy het in 'n musikale huis wat lief vir country-musiek is groot geword en altyd geweet dat hy sang sy loopbaan gaan maak. Henco met 'n c is ook aangenaam verras om te hoor hoeveel aansien Chris in Paraguay geniet en hoe hy bepaal wat hy kwoteer vir sy optredes in Paraguay en Brasilië. Kom luister saam hoe geloof, country en geld met mekaar versoen word tydens hierdie kuier by Chris se huis....more20minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.