Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 8 Sep 2013
    Wat is ‘n asterisme? Magda Streicher, ‘n amateur sterrekundige van Limpopo wat met haar groot teleskoop baie werk op asterismes en dubbelsterre doen, verduidelik. Willie Koorts van die SA Sterrewag gesels ook oor die helderheid en kleure van sterre. Is ‘n rooi ster noodwendig ‘n ou, afgeleefde ster?
    27 min
  • 1 Sep 2013
    Die son maak ook geluide. Kobus Olckers vertel wat die geluide werklik beteken. Daar is ook sprake dat ‘n soort water, magmawater, op die maan voorgekom het. En daar is ook ‘n gesprek oor watter element die meeste in die ruimte voorkom.
    29 min
  • 25 Aug 2013
    Die span praat oor die onenigheid wat bestaan of die Voyager-ruimtetuig wat in 1972 gelanseer is, nou werklik die heliosfeer verlaat het. Daar is ook meer inligting oor die nuwe reuse GMT-teleskoop wat in die VSA in aanbou is. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verskaf ook meer inligting oor die gedrag van die son.
    27 min
  • 18 Aug 2013
    Wat sal gebeur met die rotasie van die maan as die hemelliggaam skrams deur ‘n asteroïde getref word? En hoewel dit nie direk met die ruimte te doen het nie, gesels die kundiges ook oor Elon Musk se Hyperloop wat baie vinnige vervoer op aarde moontlik kan maak. Daar is ook ‘n insetsel oor hoe mens in die Internasionale Ruimtestasie na die kleedkamer gaan.
    28 min
  • 11 Aug 2013
    Die Mars Curiosity-verkenningtuig is nou al ‘n jaar op die rooi planeet. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, gesels oor die mylpale wat die tuig reeds bereik het. Hy verduidelik waarom Curiosity net ‘n 100 meter per dag kan aflê. Kobus Olckers gee ook meer inligting oor die omswaai van die son se magnetiese pole en of dit ‘n gevaar inhou.
    28 min
  • 4 Aug 2013
    Is Saturnus die enigste planeet met ringe? Daar is ook inligting oor die huidige posisie van die ringplaneet in die hemelruim. Ons gesels ook met Rainer Jakob, ‘n man wat sonwysers bou. Hy het tydens die Scopex uitstalling nie minder nie as 17 verskillende soorte sonwysers uitgestal wat hy self gebou het.
    28 min
  • 28 Jul 2013
    Die Cube-satelliete lok baie belangstelling uit. Prof Matie Hofmann gesels oor die voordele van hierdie miniatuurruimtetuie. Die span gesels ook oor die afloop van die Scopex-byeenkoms wat in Johannesburg plaasgevind het. Hennie Maas het tydens Scopex ook met Johan Grobler gesels oor die vuurpyllanseerklub op Sasolburg.
    29 min
  • 21 Jul 2013
    In die winter is een van die belangrikste konstellasies, die Skerpioen, wat regoor ons hang. Die belangrikste ster in die konstellasie is Antares en as mens dié rooi reus in ons son se plek sit, sal dit so groot wees dat dit selfs Mars sou insluk. Prof Matie Hoffman verduidelik ook wat die funksie is van die Groot Hadron-versneller in Switserland.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.