Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 30 Jun 2013
    Prof. Matie Hofmann verduidelik wat mikrogolfagtergrondstraling is. Daar is ook inligting oor ‘n sending na Pluto wat langsamerhand sy klimaks bereik. En Willie Koorts praat oor die supermaan wat onlangs te sien was.
    30 min
  • 23 Jun 2013
    Daar gaan 'n digitale planetarium by die Sterrewag in Bloemfontein op Naval Hill opgerig word. Matie Hoffman verduidelik wat die verskil tussen ‘n digitale en ‘n tradisionele optiese planetarium is, en Laetitia van Rensburg van die Vrystaatse regering vertel hoe die provinsie betrokke geraak het. Prof. Pieter Meintjes van die Vrystaatse Universiteit se Departement Fisika vertel ook hoe die aantal studente wat sterrekunde wil bestudeer, toegeneem het.
    29 min
  • 16 Jun 2013
    Heelwat reaksie word ontvang op die kenwysie van Sterre en Planete. Die span vertel hoe die melodie saamgestel is en waar die geluide van die sterre, wat deel daarvan uitmaak, kom. Willie Koorts gesels ook oor komete. Wat byvoorbeeld is die verskil tussen ‘n komeet en ‘n asteroïde?
    29 min
  • 9 Jun 2013
    Na watter deel van die Melkweg kyk ons as ons dit saans sien? Die Melkweg het ‘n deursnit van sowat 100,000 ligjare en dit is beslis nie een van die grootstes nie. Andromeda wat 2,4 miljoen ligjare weg is, is sowat 200,000 ligjare groot.
    30 min
  • 2 Jun 2013
    In die sterrekunde word daar dikwels verwys na die spektrale eienskappe van sterre. Prof. Matie Hoffman verduidelik wat dit is en waar dit vandaan kom. Daar word ook gesels oor die helderheid van sterre. Is daar byvoorbeeld ‘n korrelasie tussen ‘n ster se helderheid en sy kleur?
    27 min
  • 26 May 2013
    Het jy geweet dat vanweë die rotasiesnelheid van die aarde om sy eie as, jy teen sowat 1 600 km/h deur die ruimte beweeg? Die Sterre en Planete-span gesels oor die snelhede en afstande in die ruimte. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor die vordering wat gemaak word met Suid-Afrika se eerste digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verduidelik ook wat die invloed van die son op weerpatrone is, veral na aanleiding van die kwaai storms in Ohio. Willie Koorts gee ook meer inligting oor die sogenaamde dans van die planete in die weste.
    29 min
  • 19 May 2013
    Een van die belangrike teleskope in die ruimte, die Keppler-teleskoop, het probleme. Een van die reaksiewiele het vasgesteek. Die Sterre en Planete-span gesels oor die probleem en wat die telekoems van hierdie eksoplaneetjagter is. Daar is ook ‘n snit musiek wat uit die Internasionale Ruimtestasie kom.
    27 min
  • 12 May 2013
    Een van die staatmaker ruimteteleskope, die Herschel teleskoop, moes onlangs afgeskakel word omdat sy stikstof verkoelingsmiddel opgeraak het. Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden-sterrewag vertel van die werk wat die teleskoop gedoen het. Hennie Maas praat ook met Kobus Olckers, ons ruimteweervoorspeller in Florida, Amerika.
    29 min
  • 5 May 2013
    Deesdae is die ringe van die tweede grootste planeet in die sonnestelsel, Saturnus, mooi oop. Met ander woorde mens kan met ‘n redelike teleskoop selfs die Cassini-gaping in die ringe sien. Die span gesels ook oor die maanlanding van 1969 wat al vir baie mense byna vergete is.
    26 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.