Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die vorming van sterre. Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus praat ook oor die aktiwiteite van die son. Hy gee ook inligting oor magnetisme en hoe dit byvoorbeeld posduiwe se rigtingsoek kan beinvloed.
Prof. Matie Hoffman gee terugvoer van sy besoek aan die VSA en die hoofkwartier van die Hubble-ruimteteskoop. Willie Koorts praat ook oor drie hemelvoorwerpe wat deesdae taamlik naby aan mekaar is - Saturnus, Mars en die ster, Spica.
Alle oë is die naweek gerig op die Curiosity-marsvaartuig wat Sondag/Maandag op Mars sal land. Hoor die presiese stappe waardeur die kapsule moet gaan voordat dit op die rooi planeet geplaas word.
Hoe vind jy ‘n bepaalde ster of planeet as daar te veel sterre is? Daar is ook ‘n gesprek met prof. Matie Hofmann wat tans in Louisiana in die VSA is om ‘n planetariumkonferensie by te woon. Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap praat ook oor die koronagaatjies op die son.
Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels oor die vyfde maan wat by Pluto gevind is. Daar is ook inligting oor Antares, die reuse rooi ster wat in die skerpioen gesien kan word. As Antares in ons son se plek was sou selfs Mars deur hom ingesluk word. Daar is ook inligting oor ‘n sterrekundefees wat in die Kallie Human-sentrum by die Universiteit van die Vrystaat gehou word.
Die ontdekking van die Higgs Boson-partikel het wetenskaplikes aan die praat. Prof. Matie Hofmann praat oor die betekenis van die ontdekking. Daar is ook ‘n gesprek met Johan Smit oor die Scopex teleskoopuitstalling wat eersdaags in Johannesburg plaasvind. Willie Koorts gesels ook oor sy werksaamhede by die SAAO se Sutherland-sterrewag.
Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag en Willie Koorts van die SAAO beantwoord luisteraarsvrae oor uitspansel.
Michael Neale van die Suid-Afrikaanse Ruimte-hulpbronvereniging vertel meer van die organisasie en mynbou in die ruimte. Daar is ook ‘n gesprek oor die belangrike rol wat uitbarstings op die son het op die osoonlaag. Prof. Matie Hoffman praat ook oor die aardskynsel wat soms op die maan gesien kan word.
Die Europese Ruimte-agenstkap het bekend gemaak dat ‘n reuse teleskoop in Suid-Amerika opgerig gaan word. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts praat ook oor watter tyd van die jaar die beste teleskoopkyk omstandighede bied.
Wat gebeur as twee sterrestelsels teen mekaar bots? Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts praat oor donker materie en dr. Pierre Celliers van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap bespreek die effek van die son se aktiwiteit op die werking van iets soos die SKA.
27 min
About Sterre en Planete
From the publisher's feed
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.