Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 25 May 2012
    In die noordelike halfrond was daar ‘n sonsverduistering en die eerste kommersiële sending na die Internasionale Ruimtestasie het gestalte gekry met die lansering van die Falcon-vuurpyl van Space X.
    25 min
  • 18 May 2012
    Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag beantwoord luisteraarsvrae oor hemelruim.
    27 min
  • 11 May 2012
    Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus vertel van die son wat weer besig is om redelik aktief te raak. Daar is ook inligting oor ‘n belangrike gebeurtenis in Junie wanneer Venus voor die son verfbyskuif.
    28 min
  • 4 May 2012
    Hoe sal jy weet jy tel ‘n meteoriet op en nie ‘n klip nie? Daar is ook inligting oor die stereo-satelliete wat inligting oor die son versamel. Die komende naweek gaan ‘n maannaweek wees, want die maan sal ‘n sogenaamde supermaan wees – baie nader aan die aarde as normaalweg. Daar is ook nuus oor die volgende Sterre en Planete-aand wat by die Gariepdam plaasvind.
    28 min
  • 20 Apr 2012
    As mens na die suiderkruis kyk, lyk dit of al die sterre ewe ver van jou af is, maar dit is beslis nie die geval nie. Hennie Maas praat met Willie Koorts en prof. Matie Hoffman oor die oënskynlike afstande van sterre. Hoe helder sal Canopus byvoorbeeld wees as die ster dieselfde afstand as Alfa Centauri gehad het?
    29 min
  • 13 Apr 2012
    Prof. Matie Hoffman gesels oor die verskuiwing van die melkweg. Daar is ook meer inligting oor watter soort teleskoop - reflektor of refraktor - beter is vir watter hemelliggaam. Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus verduidelik ook hoe magnetiese storms op die son gemeet word.
    29 min
  • 29 Mar 2012
    Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT?
    28 min
  • 22 Mar 2012
    Dit gons oor die planeet Niburu wat die aarde een of ander tyd oënskynlik gaan tref. Don Yeomans van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor hierdie hemelliggaam. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts praat ook oor die pragtige sterrehemel wat tans te sien is met die Orion-konstellasie en die Suiderkruis wat aan die opkom is. Naby die kruis is die mooiste en grootste sterrebondel in ons hemelruim, Omega Centauri, en daar word uitgebreid daaroor gepraat.
    28 min
  • 15 Mar 2012
    Daar was die afgelope tyd baie berigte in die media oor die toekenning van die SKA-bod. Willie Koorts van die SAAO praat oor die bod en waar dinge nou staan. Prof Matie Hoffman van die Boydensterrewag praat oor die rooi planeet, Mars, en die hoogste berg in die sonnestelsel, Olympus Mons.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.