Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 14 Apr 2013
    Wie weet van die sogenaamde groen vlek net wanneer die son sak of opkom? Nie almal is beskore om dit te sien nie. Daar is ook ‘n vraag oor waarom die auroras oënskynlik groen gekleur is. Daar is wel ander kleure, maar groen is in die meerderheid.
    27 min
  • 7 Apr 2013
    Wat is ‘n bruin dwergster? Prof. Matie Hoffman vertel meer oor die nuwe radioteleskoop wat in die Atacamawoestyn in Chili opgerig is. Herman Toerien van Bloemfontein sal ook voortaan die hemelruim met ‘n valkoog dophou vir ruimtenuus.
    27 min
  • 29 Mar 2013
    Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
    31 min
  • 22 Mar 2013
    Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
    29 min
  • 8 Mar 2013
    Daar is tans twee komete sigbaar en boonop is daar nog 'n ruimteklip of asteroïde wat die naweek verby die aarde skeur. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts gesels oor hierdie verskynsels.
    27 min
  • 1 Mar 2013
    Is die uitspansel rond of plat? Dit is een van die vrae wat te doen met kosmologie. Prof. Matie Hofmann verduidelik ook wat die verskil is tussen sterrekunde en kosmologie. Willie Koorts gee ook meer inligting oor drie nuwe teleskope wat “eerste lig” gesien het in Sutherland.
    22 min
  • 28 Sep 2012
    Die span praat oor snelhede in die ruimte en watter tipe motore gebruik word om die snelhede te bereik. Luister na ‘n uittreksel oor die ontwikkeling van ‘n reaksiemotor wat ‘n vliegtuig in staat sal stel om Mach 5 te bereik.
    28 min
  • 21 Sep 2012
    Hennie Maas gesels met prof. Matie Hoffman en Willie Koorts oor wat met twee sterrestelsels gebeur wanneer hulle bots. Dit is wat voorspel word met Andromeda en ons melkweg wat nader aan mekaar beweeg. Daar is ook klanke van die aarde se magnetosfeer wat deur nuwe satelliete opgeneem is.
    29 min
  • 14 Sep 2012
    Klippe wat waarskynlik van Mars afkomstig is, word op die aarde gekry. Prof. Marian Tredoux van die Departement Geologie aan die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe geoloë weet dat die klippe van die rooi planeet afkomstig is. Daar is ook inligting oor hoe mens weet of ‘n krater a.g.v. ‘n impak ontstaan het of as gevolg van ‘n vulkaniese uitbarsting.
    27 min
  • 7 Sep 2012
    Wat is die verskil tussen ‘n sonfilament en ‘n sonfakkel? Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts vertel ook oor hoe kefeiede gebruik word om sterre se afstand te bepaal.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.