Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 720 episodes available.
March 10, 2018Die tale wat ons praatDie Afrikaans-Engels taalbrousel wat dikwels gehoor word, is dalk een van die grootste bedreigings vir Afrikaans. Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor idiomatiese Afrikaans, en hoe die integriteit van gesproke Afrikaans herstel kan word....more19minPlay
March 04, 2018Die tale wat ons praatDie tekort aan gekwalifiseerde en bekwame Onderwysers wat in Afrikaans kan skoolhou – is dit #fake news of is dit # werklikheid. Wat is dan die oorsake as dit tog so is en wat moet gedoen word om dit reg te stel. Deelnemers is Miranda Jonas, skool-kurrikulumkenner, Johan Anker, onderwysersopleiding en Mvula Yoyo, vanuit 'n gemeenskapsperspek....more45minPlay
February 24, 2018Die tale wat ons praatIn taalnavrae word gepraat oor die betekenis en herkoms van woorde soos skrapnel, mombakkies en skerpskutter....more21minPlay
February 17, 2018Die tale wat ons praatHoe kan die integriteit van Afrikaans as gesproke taal herstel word? Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor taalverandering, mengtaal en idiomatiese Afrikaans....more20minPlay
February 11, 2018Die tale wat ons praatDie staatsubsidie vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die WAT, is die afgelope 10 jaar drasties ingekort. Waar dit voorheen twee tot drie jaar geneem het om een deel (1 letter) te voltooi, neem dit deesdae vier-en-'n-half jaar per letter. Teen hierdie tempo sal dit na beraming 20 jaar neem om die WAT tot die letter Z te voltooi. 'n Tienjaarplan is nou opgestel vir die voltooing van die WAT tot die letter W, en as alles volgens plan verloop, behoort die WAT in 10 jaar voltooi te wees. Magdaleen Krüger het hieroot met dr. Willem Botha van die WAT gepraat....more20minPlay
February 03, 2018Die tale wat ons praatDie bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp, praat met Ina Strydom oor die implikasies van die Hoërskool Overvaal-gebeure, en die noodsaaklikheid van 'n oortuigingstaak vir Afrikaans....more20minPlay
January 27, 2018Die tale wat ons praatIna Strydom en prof. Wannie Carstens van die NWU sit die gesprek oor taalfunksies, en waar Afrikaans hom bevind, voort....more12minPlay
January 20, 2018Die tale wat ons praatWat laat tale groei of kwyn? Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die rol van taalfunksies en die stand van Afrikaans....more20minPlay
January 13, 2018Die tale wat ons praatNina Brink van die NWU se Skool vir Tale vertel vir Ina Strydom van haar navorsing oor kindertaal en die taalaanleerproses van kinders jonger as twee jaar....more19minPlay
January 06, 2018Die tale wat ons praatLuisteraarsvrae oor togaswaaier, spanspek en knopkoppie word hanteer....more19minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 720 episodes available.