Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.
February 28, 2023Vers en klank 28 Februarie 2023Ons blaai deur Elisabeth Eybers se debuutbundel, Belydenis in die Skemering. Hierdie versameling het verskyn toe Eybers 21 jaar oud was. Dit was ook die heel eerste bundel uit die pen van ’n Afrikaanse vrouedigter. Die voorleser is Jana Kruger....more24minPlay
February 21, 2023Vers en klank 21 Februarie 2023Luister na die laaste van drie aflewerings oor die lewe en werke van die digter Uys Krige. In hierdie uitsending val die fokus op twee van Krige se groot liefdes: die see (waaroor hy baie gedig het) en die vertaling van Spaanse gedigte. Die voorleser is Eben Genis....more25minPlay
February 14, 2023Vers en klank 14 Februarie 2023Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor die lewe en digkuns van Uys Krige. Die voorleser is Eben Genis, en ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is....more25minPlay
February 07, 2023Vers en klank 7 Februarie 2023Vandeesmaand fokus ons op die lewe en werke van Uys Krige, die Goue Seun van die Afrikaanse literatuur. Die voorleser is Eben Genis. Ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is....more24minPlay
January 31, 2023Vers en klank 31 Januarie 2023Skakel in vir ’n tweede skoot groot skrik, wanneer ons na nóg van Dean Balie se voorlesings van gedigte oor spoke en ander grieselrige gedaantes luister. Laasweek het ons die grootmense banggepraat; vanaand is dit die kinders se beurt....more23minPlay
January 24, 2023Vers en klank 24 Januarie 2023Dean Balie lees ons lekker bang! Die program is propvol gedigte oor spoke, dierasies en dinge wat jou in die donker bekruip. Skakel in… ás jy dapper voel!...more22minPlay
January 10, 2023Vers en klank 10 Januarie 2023Ons gesels oor Eugene Marais se lewe, luister na Wessel Pretorius se voorlesings van sy gedigte, en ook na ’n paar toonsettings van sy werk....more18minPlay
January 03, 2023Vers en klank 3 Januarie 2023Sophia van Taak en die voorleser, Marion Holm, blaai deur ’n paar bundels om te sien wat ons digters oor die ou- én nuwejaar te skryf gehad het....more17minPlay
December 27, 2022Vers en klank 27 Desember 2022Ons rek daardie lekker somer-see-gevoel vir oulaas uit. Luiter na gedigte oor strandsambrele, sandkastele, branders duik én mense kyk, soos voorgelees deur Susanne Beyers....more18minPlay
December 25, 2022Vers en klank 25 Desember 2022Christelle Webb Joubert lees ‘n paar ouer digters se gedigte voor oor Kersfees in hierdie spesiale Kersdagaanbieding van Vers en Klank. Die samesteller is Ina Strydom....more28minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.