Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.
July 11, 2023Vers en klank 11 Julie 2023Sophia van Taak en die voorleser Ronel Geldenhuys sit die reeds oor die dood voort. Daar is gedigte deur onder andere Jeanne Goosen, Lucas Malan en Wilma Stockenstrom....more20minPlay
July 04, 2023Vers en klank 4 Julie 2023Sophia van Taak roer ’n gewigtige tema aan - die dood. Ons sterflikheid is vir die meeste mense ’n ongemaklike gedagte, een wat jou selfs bang maak. Wat het ons digters hieroor te sê? Hoor hoe húlle die dood probeer uitpluis. Die voorleser is Ronel Geldenhuys....more19minPlay
June 27, 2023Vers en klank 27 Junie 2023Laasweek, toe die groot kouefronte die land so hard getref het, het Sophia van Taak en die voorleser Marlo Minnaar op Vers en Klank reggesit met die ’n rits mooi gedigte oor onweer en storms. Vanaand sit dié twee die tema voort, met Marlo wat gedigte oor die reën voorlees....more18minPlay
June 20, 2023Vers en klank 20 Junie 2023Ons luister na gedigte oor storms en onweer. Daar is heelwat verse deur Ina Rousseau en D.J. Opperman, asook gedigte deur Daniel Hugo, Fanie Olivier en Celest Fritze om na uit te sien. Die voorleser is Marlo Minnaar....more21minPlay
June 13, 2023Vers en klank 13 Junie 2023Wonder jy party dae: Het die lewe dan hoegenaamd betekenis? Of is dit maar net ’n vervelige gesukkel van geboorte tot die dood? Toemaar, jy’s nie alleen nie! Karli Heine lees gedigte voor deur talle digters wat dié onsekerheid deel....more18minPlay
June 06, 2023Vers en klank 6 Junie 2023Sophia van Taak blaai deur M.M. Walters se debuutbundel, Cabala. Walters word beskou as die grootste satirikus in die Afrikaanse digkuns, en het met sy vlymskerp waarnemingsvermoë en raakvatwoorde menige heilige koei in ons kultuur bygekom. Die voorleser is Johann Nel....more25minPlay
May 30, 2023Vers en klank 30 Mei 2023In die tweede aflewering oor briewe is daar gedigte deur Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, T.T. Cloete en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Chris van Niekerk....more19minPlay
May 23, 2023Vers en klank 23 Mei 2023In die eerste van twee programme oor briewe, luister ons na gedigte deur onder andere Jannie Malan, Elisabeth Eybers en Fanie Olivier, soos voorgelees deur Susanne Beyers....more22minPlay
May 16, 2023Vers en klank 16 Mei 2023Koos du Plessis was eerstens bekend as musikant. Maar dié geliefde liedjieskrywer was ook ’n digter uit wie se pen daar twee bundels verskyn het. Ons luister na sy mooi musiek én gedigte, soos voorgelees deur Johann Nel....more18minPlay
May 09, 2023Vers en klank 9 Mei 2023Komende Sondag is Moedersdag – ’n feesdag ter ere van al die ma’s en oumas. Karli Heine lees pragtige gedigte voor oor dié spesiale vroue in ons lewe....more23minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.