Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 719 episodes available.
August 01, 2023Vers en klank 1 Augustus 2023Luister na die derde en laaste aflewering in die reeks oor insekte. Die gedigte word voorgelees deur Joanie Combrink, Marlo Minnaar en Lochner de Kock....more24minPlay
July 25, 2023Vers en klank 25 Julie 2023Luister in die tweede aflkewering in ’n reeks van drie oor insekte na gedigte oor dié insekte wat in ons tuine leef – die kewers, bidsprinkane, slakke en wurms… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock....more26minPlay
July 18, 2023Vers en klank 18 Julie 2023Luister na die eerste in ’n reeks van drie programme oor insekte. Sophia van Taak kyk na gedigte oor die insekte wat ons in ons huise aantref – muskiete, kakkerlakke, muggies en motte… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock....more25minPlay
July 11, 2023Vers en klank 11 Julie 2023Sophia van Taak en die voorleser Ronel Geldenhuys sit die reeds oor die dood voort. Daar is gedigte deur onder andere Jeanne Goosen, Lucas Malan en Wilma Stockenstrom....more20minPlay
July 04, 2023Vers en klank 4 Julie 2023Sophia van Taak roer ’n gewigtige tema aan - die dood. Ons sterflikheid is vir die meeste mense ’n ongemaklike gedagte, een wat jou selfs bang maak. Wat het ons digters hieroor te sê? Hoor hoe húlle die dood probeer uitpluis. Die voorleser is Ronel Geldenhuys....more19minPlay
June 27, 2023Vers en klank 27 Junie 2023Laasweek, toe die groot kouefronte die land so hard getref het, het Sophia van Taak en die voorleser Marlo Minnaar op Vers en Klank reggesit met die ’n rits mooi gedigte oor onweer en storms. Vanaand sit dié twee die tema voort, met Marlo wat gedigte oor die reën voorlees....more18minPlay
June 20, 2023Vers en klank 20 Junie 2023Ons luister na gedigte oor storms en onweer. Daar is heelwat verse deur Ina Rousseau en D.J. Opperman, asook gedigte deur Daniel Hugo, Fanie Olivier en Celest Fritze om na uit te sien. Die voorleser is Marlo Minnaar....more21minPlay
June 13, 2023Vers en klank 13 Junie 2023Wonder jy party dae: Het die lewe dan hoegenaamd betekenis? Of is dit maar net ’n vervelige gesukkel van geboorte tot die dood? Toemaar, jy’s nie alleen nie! Karli Heine lees gedigte voor deur talle digters wat dié onsekerheid deel....more18minPlay
June 06, 2023Vers en klank 6 Junie 2023Sophia van Taak blaai deur M.M. Walters se debuutbundel, Cabala. Walters word beskou as die grootste satirikus in die Afrikaanse digkuns, en het met sy vlymskerp waarnemingsvermoë en raakvatwoorde menige heilige koei in ons kultuur bygekom. Die voorleser is Johann Nel....more25minPlay
May 30, 2023Vers en klank 30 Mei 2023In die tweede aflewering oor briewe is daar gedigte deur Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, T.T. Cloete en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Chris van Niekerk....more19minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 719 episodes available.