Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 688 episodes available.
March 25, 2025Vers en klank 25 Maart 2025Ronèl Geldenhuys lees gedigte voor oor geure, klanke, reuke, smake… alles wat jy met jou sintuie ervaar. Veral Sheila Cussons het baie oor haar sensoriese waarnemings gedig. Daar is ook gedigte deur T.T. Cloete, Meyer van Rensburg, Ingrid Jonker en George Weideman....more24minPlay
March 18, 2025Vers en klank 18 Maart 2025In die vorige aflewering het Jana Kruger en Anrich Herbst gedigte oor Johannesburg se verlede voorgelees – verse wat verduidelik hoe die goudstormloop tot die ontstaan van ’n wêreldstad gelei het. Hierdie keer vertel die gedigte wat ná die goudkoors verby was, van Johannesburg oorgebly het....more19minPlay
March 11, 2025Vers en klank 11 Maart 2025As ’n mens deesdae na Johannesburg kyk, is dit moeilik om te glo dat dié wêreldstad in die laaste sowat 140 jaar van ’n enkele delwerskamp gegroei het tot wat dit vandag is. Sophia van Taak en voorlesers Jana Kruger en Anrich Herbst delf diep in Jozi se verlede en karakter. Daar’s gedigte oor die goudkoors en die ou dae se lewe aan die Witwatersrand om na uit te sien....more18minPlay
March 04, 2025Vers en klank 4 Maart 2025Ronél Geldenhuys lees gedigte voor oor kinders, spesifiek oor hoe hulle onblusbare energie en bandelose menswees ons inspireer om die wêreld ook weer ’n slag soos húlle te sien: as ’n wonderlike plek, vol moontlikhede en magic....more21minPlay
February 25, 2025Vers en klank 25 Februarie 2025Die maand waarin die liefde op elke manier gevier is, is amper verby. Voorleser Nicole Holm roer die hartsnare vir oulaas met voorlesings van die allermooiste Afrikaanse liefdesverse. Daar is werke deur Antjie Krog, Luis Esterhuizen, Ronelda Kamfer, Bibi Slippers en Pieter Odendaal....more20minPlay
February 18, 2025Vers en klank 18 Februarie 2025Luister na die allermooiste gedigte oor blomme! Daar is verse deur Petra Müller, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau en nog ’n hele paar ander groot digters. Die voorleser is De Klerk Oelofse....more24minPlay
February 11, 2025Vers en klank 11 Februarie 2025Laasweek het ons geluister na gedigte wat die see se wonders en geheimenisse beskryf. Hierdie keer handel die gedigte oor sy verwoestende krag, en die gevare wat die dieptes inhou. Die voorlesers is Albert Maritz en Karli Heine....more21minPlay
February 04, 2025Vers en klank 4 Februarie 2025Sophia van Taak verken in die eerste van twee aflewerings saam met voorlesers Karli Heine en Albert Maritz die wonders en geheimenisse van die oseaan, asook die dramas wat op die oppervlak, en diep onder die branders, afspeel....more19minPlay
January 28, 2025Vers en klank 28 Januarie 2025Vir party mense is dit ondraaglik om alleen te wees. Ander verkies weer hulle eie geselskap. Joanie Combrink verken albei kante van eensaamheid – die selfbejammering van ongeliefd en vergete voel, én die lekkerte van nie gepla word nie....more16minPlay
January 21, 2025Vers en klank 21 Januarie 2025Sommige van ons digters het só ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, dat ánder digters hulle in gedigte begin vereer het. In die tweede aflewering van ’n reeks oor hierdie huldeblyk-verse, is die voorlesers Susanne Beyers en Pieter van Zyl....more25minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 688 episodes available.