Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 720 episodes available.
October 27, 2020Vers en klank 27 Oktober 2020Die skrywer, digter, sanger en teoloog Koos van der Merwe is in die ateljee. Hy is veral bekend vir sy tydskrifrubrieke en Afrikaanse vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werk. Hy lees gedigte voor uit sy bundels, en ons luister na van sy selfgeskrewe liedjies asook 'n vertaling van 'n Leonard Cohen-lied....more38minPlay
October 20, 2020Vers en klank 20 Oktober 2020Antoinette Kellermann lees gedigte voor uit Antjie Krog se oeuvre. Krog is nie net 'n briljante digter is nie, maar is ook al 'n kulturele bemiddelaar genoem. Ons vier 50 jaar van haar digkuns. Haar eerste bundel het in 1970 verskyn toe sy 18 jaar oud was. Krog verjaar ook hierdie week, so dis 'n dubbele viering....more50minPlay
October 13, 2020Vers en Klank 13 Oktober 2020Anrich Herbst lees gedigte voor uit Gelykmaker - Covid 19 gedigte, saamgestel deur Fanie Marais. Dis opgedra aan slagoffers van Covid-19 en aan elkeen wat deur 'n ondenkbaar veranderde leefwyse ingrypend geraak is sedert Maart 2020. Die gedigte waarna ons luister is verskillende mense se perspektiewe op die inperking en grendeltyd wat Covid-19 tot gevolg gehad het asook die hartseer, afsondering en die verlies aan lewe en werk. Om vir 'n oomblik stil te staan voor die gejaagdheid ('n virus van 'n ander aard) ons weer beetkry en nie te vergeet nie. Nie vas te klou nie, maar te ont-hou wat met ons gebeur het. Om ons bewus te maak van die wye spektrum van belewenis wat mense het. Soos iemand gesê het: Dis dieselfde storm, maar ons is nie almal in dieselfde bootjie nie....more28minPlay
October 06, 2020Vers en Klank 6 Oktober 2020Waldemar Schultz lees gedigte voor uit Johan Myburg se Uittogboek, wat vanjaar met die Hertzogprys bekroon is. Die digter is vir baie van ons luisteraars geen onbekende nie omdat hy ook op Skrywers en Boeke gesels rakende internasionale letterkunde. Hy is verder ook kunsskrywer. Uittogboek is Myburg se vierde digbundel. Hy het 25 jaar gelede ook die Eugene Marais-prys met sy bundel Kontrafak gewen. Soos Tom Gouws in sy resensie skryf: Myburg is 'n digter wat hom langsaam haas - hy word bepaald nie deur 'n publikasiewaansin gedryf nie - maar dis absoluut die wag werd....more40minPlay
September 29, 2020Vers en klank 29 September 2020Chris van Niekerk lees gedigte oor diere uit die bloemlesing, Faune, saamgestel deur T.T. Cloete. Daar is verse van Totius, C.L. Leipoldt, J.F.E. Celliers, C.M. van den Heever, W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Uys Krige, Elisabeth Eybers en B.J. Toerien....more32minPlay
September 22, 2020Vers en klank 22 September 2020Die akteur, skrywer, regisseur, vervaardiger en musikant Gideon Lombard deel sy daaglikse ritme en ervaring aan die hand van gedigte deur Lina Spies, Joan Hambidge, Loftus Marais, Carel Anthonissen, T.T. CLoete en Louw Venter....more33minPlay
September 15, 2020Vers en klank 15 September 2020Rolanda Marais lees gedigte oor kleur en ons digters se kleurryke waarnemings. Daar is verse deur Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Petra Müller, Johann de Lange, H.J. Pieterse, Ingrid Jonker, Eveleen Castelyn en Johannes van Jerusalem....more20minPlay
September 08, 2020Vers en klank 8 September 2020Die gedigte waarna ons luister, gaan oor die sintuie en ons digters se sintuiglike waarnemings. Dean Balie lees verse van Ingrid Jonker, Sheila Cussons, Petra Müller, Jeanne Goosen, Peter Blum, George Weideman, Nathan Trantraal, De Waal Venter se vertalings van Pablo Neruda en Adam Small....more32minPlay
September 01, 2020Vers en klank 1 September 2020Dis Lentedag, en ons luister na gedigte oor lente, blomme, tuine en nuwe groei. Jy kan uitsien na gedigte deur Ingrid Jonker, Sheila Cussons, A.G. Visser, Martjie Bosman, Petra Müller, Zandra Bezuidenhout, C.M. van den Heever en Johann de Lange. Karli Heine is die voorleser....more26minPlay
August 27, 2020Vers en klank (NP van Wyk Louw) 27 Augustus 2020Dis NP van Wyk Louw-maand op RSG, en in hierdie spesiale uitsending van Vers en Klank luister ons na van sy poësie en toonsettings wat geïnspireer is deur sy gedigte, asook grepe uit sy prosa. Wessel Pretorius gaan die gedigte voorlees en jy kan uitsien na toonsettings deur Herman van den Berg, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp....more26minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 720 episodes available.