Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 20, 2022DAG 21 - Wees ’n vredemaker en vermy onnodige konflik (Lynette Beer)Dit is maklik om ’n stryery te begin, maar moeilik om dit te beëindig. Die beste strategie is om agteruit te tree, diep asem te haal en te vra: Wat is in hierdie situasie die belangrikste? As jy die Here se eer wil ontvang en die lewe wil geniet, moet jy ’n vredemaker word....more5minPlay
December 20, 2022DAG 18 - Leer jou gesin van julle roeping (Lynette Beer)In die Ou Testament het die geroepenes, die spesiale mense van God, spesiale klere gedra. Gelowiges is vandag geroep om anders te wees en te wys dat hulle leef volgens ’n roeping. Hoe jy optree is dan soos die klere wat wys dat jy gehoorsaam is. Gee dit aan na jou kinders....more5minPlay
December 20, 2022DAG 17 - Betoon genade deur oortreders te vergewe (Lynette Beer)Jy maak so baie pyngebeurtenisse in jou lewe bymekaar. Dit kleef aan ’n mens se psige vas soos mossels aan ’n skip se bodem. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou ooit pyn aangedoen het, vryspreek en vergewe. Vee elkeen se rekord skoon....more5minPlay
December 20, 2022DAG 15 - Maak jou wêreld klein as probleme groot is (Lynette Beer)Die laaste week van die Amerikaanse spesialis-matrose, die Navy Seals, se strawwe opleiding moet hulle ’n aantal byna onmoontlike take voltooi. Om nie die handdoek in te gooi nie, leer hierdie soldate om net op die volgende tree te fokus....more6minPlay
December 20, 2022DAG 13 - Wees elke dag regtig bly (Lynette Beer)Een van die toetse vir geluk wat jy gereeld moet slaag, is hoe om mismoedigheid te oorkom. Ten spyte van al jou oorwinnings in die verlede sal die geleentheid om jou lewensvreugde te verloor een of ander tyd kop uitsteek. Keer dit in jouself en wys jou gelowige vreugde vir ander – dis aansteeklik!...more5minPlay
December 20, 2022DAG 12 - Kies vir selfbeheersing as jy baie stres (Lynette Beer)Mense se emosies is onvoorspelbaar. Christene is nie verhewe bo daardie kere in die lewe wanneer die druk die rouste, die diepste emosies in ons na vore roep nie. Leer dan uit die voorbeeld van koning Dawid en Abigail en behou jou selfbeheersing....more6minPlay
December 20, 2022DAG 11 - Hoe lyk jou perspektief op jou lewe? (Lynette Beer)Om die regte perspektief op jou uitdagings en probleme te kry, moet jy altyd die groter prentjie of die lang termyn in gedagte hou. Jy moet onthou dat keuses en besluite hand aan hand loop. Tydens hierdie proses moet jy vasstel watter probleme binne jou beheer is en watter nie....more5minPlay
December 20, 2022DAG 10 - Aanvaar jou gawes en hou op vergelyk (Lynette Beer)’n Gees van wedywering, trots en afguns kan ons dinge laat aanvang wat ons normaalweg nooit sou oorweeg nie. Jy moet bereid wees om jou beperkinge te aanvaar en die beste te wees waartoe jy in staat is. Jy het nie nodig om jou teenoor ander mense op te weeg om te voel jy is iets werd nie....more5minPlay
December 20, 2022DAG 7 - Kry jou krag by die regte Bron (Lynette Beer)Hier is ’n stukkie goeie nuus: Net soos wat die brein se ingeboude negatiewe voorkeur daar is om ons te help oorleef, het ons ook ’n positiewe voorkeur in ons DNS ingebou. Dis bewys dat mense wat in krisistye kan fokus op die positiewe, by hulle innerlike krag uitkom....more6minPlay
December 20, 2022DAG 6 - Onthou al die beloftes wat jou toekom (Lynette Beer)Positiewe ervarings vloei deur die brein soos water deur ’n sif. Ons hou daarvan, maar vergeet dit. Op dié manier word ons gekondisioneer om meer breinspasie aan negatiewe as aan positiewe gedagtes af te staan. Onthou wat God jou belowe het – en herinner Hom ook daaraan!...more5minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.