
Sign up to save your podcasts
Or


Gesonde vriendskappe kan ’n wonderlike bydrae lewer tot ’n paartjie se sosiale lewe en geestelike groei. Die regte tipe vriende geniet nie net mekaar se geselskap nie, maar die een hou die ander een ook verantwoordbaar en bied bemoediging in moeilike tye.
Jy neem aan jy weet wat jou maat nodig het. Ons het die beste bedoelings en die reinste harte. Daar is egter ’n verskil tussen iemand wat jou liefhet en bederf, en iemand wat jou akkuraat liefhet en bederf. Leer mekaar se verwagtings en behoeftes waarlik ken.
Nie alle mense is afhanklik van woorde wat jou gewaardeerd en geliefd laat voel nie. Tog is dit so dat geen getroude paartjie sal floreer as hulle nie met die regte woorde hulle liefde vir mekaar wys nie. Komplimente en dankie sê is regtig elke dag noodsaaklik.
As daar een ding is waaroor vroue boekdele kan skryf, is dit waardering en om geliefde te voel. Beplan daarom om jou grense te trek oor wat jy kan doen en waarmee jy hulp benodig. As ons nie die konsep van spanwerk snap nie, gaan ons altyd oorwerk, oorweldig en wrewelrig voel.
Hoe is dit moontlik om aanvanklik so verlief te wees en later op so ’n dooierige plek te kom? As ons eerlik is, sal ons onthou hoe baie ons van onsself gegee het aan die begin. Ons het dinge gedoen wat nie in ons aard was nie – ons het bemark om te beïndruk!
Dit is maklik om in ’n groef te verval: opstaan, werk, oorleef, eet, slaap en herhaal. En voor jy jou kom kry, is julle een van die paartjies wat nie meer pret het en mekaar se beste pelle is nie. ’n Huwelik waar dit nie meer lekker is om by mekaar te wees nie, word noodwendig oor tyd ’n huwelik wat swaar trek.
Intimiteit word dalk deur die meeste mense gesien as iets wat jy agter ’n toe deur in die arms van jou geliefde ervaar. Die waarheid is dat om intiem te wees, meer is as romanse en seks. Ware nabyheid is die diepe wete dat jy emosioneel veilig is by jou maat en jouself kan wees.
Gebed kan ’n kragtige uitwerking op jou huwelik hê. Nie net leer jy en jou maat mekaar beter ken wanneer julle saam bid nie, julle leer ook hoe om mooier met mekaar te werk, opbouend met mekaar te praat en te groei in nabyheid.
In krisistye kan paartjies nader aan mekaar groei, of mekaar verloor. As jy iemand is wat deur ’n moeilike tyd in jou huwelik gaan, is een van die eerste dinge wat jy moet onthou, dat julle huwelik in pyn is, nie net jý nie. Bou saam met mekaar en saam met God aan die eenheid van julle huwelik.
Geen tuin is altyd groen nie. Seisoene bring verandering wat nie altyd lekker is nie, maar dis broodnodig. Alle huwelike gaan deur seisoene, maar die bestes oorleef nie net die fase nie. Hulle kan getuig van oorlewing te midde van storms.
From the publisher's feed