
Sign up to save your podcasts
Or


Kinders se brein, emosies, opinies en uitkyk op die wêreld word deur gesprekke gevorm. Dit help ook om karakter te bou as julle verskillende waardes en opinies bespreek. Maak doelbewus tyd vir praat al kry jy teenkanting.
Jou kind se brein beheer sy hele lewe, sy motoriese vaardighede, sy taalontwikkeling, emosies, verbeelding en sosiale vaardighede. As ons spiere oefening en kos nodig het, is dit dan wat ons brein ook nodig het? Óf gaan dit oor meer as net dit?
Ouers, maar ook kinders, het ’n rustige aand nodig om ontslae te raak van die spanning van die dag. Om konflik, dramas en teenstand te vermy, werk saam aan ’n roetine wat vir jou gesin werk – en wat kan verander en aanpas soos die jare aanstap.
As ons dinge op dieselfde manier en op dieselfde tyd doen, sien ons dat uitdagende gedrag afneem. Die magspel tussen jou en jou kind sal aansienlik verminder. As sy weet wat gebeur volgende, is sy rustiger, ontwikkel haar brein en groei sy in emosionele intelligensie.
Tye het verander en vandag het die meeste ma’s ook ’n voltydse beroep buiten die roeping van mamma-wees. Jy hoef nie ’n superma te wees nie, net goed genoeg. Vir werkende ma’s wat fisies en emosioneel gesonde kinders wil grootmaak, is balans die wagwoord.
’n Huis is meer as bloot net ’n dak oor jou kop, ’n warm bed en ’n lekker bord kos. Dit is daardie plek waar ons veilig voel en weet dat ons geliefd is. Wat kan ’n ma doen om vir haar gesin so ’n kalm en liefdevolle toevlugsoord te skep?
Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense.
Gee jou seer vir God en omskep jou storie in een van hoop. Hoe omskryf jy jouself en dit wat met jou gebeur het? Wees versigtig vir bitterheid en neerhalende verwysings. Maak seker jy lag en glimlag meer, selfs al is dit geforseerd.
Ons het ook ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. Wanneer jy jouself gedurig teleurstel, gaan jou selfvertroue verkrummel. Daar is doendinge wat jy met dissipline en volharding kan implementeer vir goeie selfversorging.
Moenie so verbete aan jou eie pogings vasklou nie. Jy dink dalk jou pogings bepaal die eindresultaat, maar dit is nie waar nie. Ja, jy moet jou beste doen, maar jy hoef nie jou beste te vertrou nie. Jy kan God vertrou. Doen jou beste, haal asem en rus in Hom.
From the publisher's feed