Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 06, 202211. Saam bid sal julle verhouding sterker maak (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Gebed kan ’n kragtige uitwerking op jou huwelik hê. Nie net leer jy en jou maat mekaar beter ken wanneer julle saam bid nie, julle leer ook hoe om mooier met mekaar te werk, opbouend met mekaar te praat en te groei in nabyheid....more6minPlay
December 06, 202210. Werk sáám deur die krisistye (oudio-kursus deur Gretha Wiid)In krisistye kan paartjies nader aan mekaar groei, of mekaar verloor. As jy iemand is wat deur ’n moeilike tyd in jou huwelik gaan, is een van die eerste dinge wat jy moet onthou, dat julle huwelik in pyn is, nie net jý nie. Bou saam met mekaar en saam met God aan die eenheid van julle huwelik....more6minPlay
December 06, 20229. Moenie opgee oor een slegte seisoen nie (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Geen tuin is altyd groen nie. Seisoene bring verandering wat nie altyd lekker is nie, maar dis broodnodig. Alle huwelike gaan deur seisoene, maar die bestes oorleef nie net die fase nie. Hulle kan getuig van oorlewing te midde van storms....more4minPlay
December 06, 20228. Die naakte waarheid oor affairs (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Tyd, ervaring en ander paartjies se stories het my geleer hoe baie wanopvattings daar oor buite-egtelike verhoudings bestaan. Soos dat dit die een party se tekortkominge is wat iemand dryf tot ’n affair of dat dit nie met gelowiges gebeur nie. Hier is die waarheid ......more5minPlay
December 06, 20227. Gee aandag aan die klein issues ook (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Die gesegde van klein jakkalsies wat ’n wingerd kan verniel, is waar. Met genoeg jakkalse rig jy mettertyd versperrings op – die spreekwoordelike muur tussen jou en jou man. So groot as wat hierdie realiteit in elke huwelik is, net so groot is die moontlikheid om dit te verander....more4minPlay
December 06, 20226. Kom op dieselfde (Bybelse) bladsy oor geld (oudio-kursus deur Gretha Wiid)As jy ’n vals persepsie van geld het of jou waarde aan jou inkomste meet, sal jy respek eis sonder dat jou optrede dit verdien. Mense wat dink geld laat die wêreld draai, maak hulleself ook algaande emosioneel los van hulle huweliksmaats. Maak seker julle dien God en nie mammon nie....more4minPlay
December 06, 20225. Hoe om regtig probleme uit te sorteer (oudio-kursus deur Gretha Wiid)As getroudes nie tyd maak om ’n argument of verskil regtig deur te praat en na mekaar te luister nie, kom daar later baie frustrasie en selfs wrewel saam met dié spesifieke konflik. Die dag as ons egter besluit om ’n saak deur te praat, kom daar net bonusse!...more5minPlay
December 06, 20224. Riglyne vir gesonde baklei en konflikoplossing (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Daar is baie dinge wat ons verkeerd doen in konfliksituasies. Maar ons kan nie konflik eenvoudig vermy nie. As julle dit nie uitpraat nie, waar gaan al die emosies dan heen? Dit hou aan broei en vergroot julle probleme. Baklei is deel van die lewe en kan selfs gesond wees vir huwelike, mits dit reg hanteer word....more7minPlay
December 06, 20223. Ware berou is meer as net "jammer" (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Spyt kom maklik in ’n verhouding voor. Spyt is, ek is jammer dat ek dit gesê het, want nou is daar weer ’n issue. Of, ek is jammer ek het dit gedoen, want hier gaan ons nou weer ... Jammer-sê mét berou is iets heeltemal anders, en verskil hemelsbreed van spyt....more6minPlay
December 06, 20222. Om te vergewe is noodsaaklik én moontlik (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Die huwelik is ’n reis waarop ons mekaar seermaak. Omdat intimiteit, emosionele konneksie en vertroue so belangrik is, kan ons nie mure om ons bou waarmee ons mekaar uitsluit nie. Dit is wat onvergewensgesindheid doen. Verstaan wat vergifnis is en leer die kuns om te vergewe....more7minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.