
Sign up to save your podcasts
Or


Om die beste van jou mislukkings en suksesse te maak, moet jy dit vinnig kan vergeet. Moenie dit te veel kop toe vat nie. Lewe elke dag voluit sonder bagasie wat jou terughou of die glorie van die verlede wat jou aandag van die hede aftrek.
Watter uitwerking het teleurstelling of mislukking op jou lewe? Soos jy dink, só is jy. Wees daarom versigtig hoe jy dink. Maak seker jy spandeer tyd saam met mense wat jou gedagtes en jou manier van dink neem na ’n plek waar jy ’n meester is, en nie ’n slagoffer nie.
Mense se karakter is sigbaar in hulle oë. Leer jou kinders van kleins af om met respek ander in die oë te kyk. Respek is die grondslag van ’n sterk karakter. Dit maak deure oop.
Jou karakterkapasiteit bepaal jou vermoë om die lewe te hanteer. As jy altyd net die probleem raaksien, gaan jy jou hele lewe lank in ’n geveg vasgevang voel. Hoe breek jy daaruit los?
Wat is die verskil tussen gemiddeld en uitstekend? Gemiddeldheid kry die werk, of dit waarmee jy kan wegkom, gedoen. Uitnemendheid vat dinge verder en vra: “Hoe kan ek dit beter doen?” Die ironie is dat dit meestal net soveel inspanning verg om middelmatigheid te bereik as om uitstekend te wees.
As jy nie eerste dinge eerste doen nie, eindig jy altyd tweede. Die meeste mense jaag hulle lewe deur omdat hulle altyd ná hulle dag opstaan. Hoe laat jy opstaan, maak nie saak nie. Die tyd is irrelevant. Sorg jy net dat jy vóór jou dag opstaan.
Die fondasie van emosionele intelligensie en effektiewe ouerskap is empatie. Hiersonder kan ons ons kinders nie geliefd laat voel nie en dit is soveel meer as om iemand se perspektief te kan insien. Dit is in werklikheid om iemand se werklikheid te ervaar.
Die meeste ouers hoop dat ons kind nie die een is wat ander seermaak nie. Net so, hoop ons ook dat ons kind nie die een is wat gebyt, geslaan, gestamp of geboelie gaan word nie. Maar dit gebeur ... Daar is altyd ’n rede vir kinders se gedrag. En dít is waar ons moet begin.
Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy kan doen. Dis ontstellend, maar nodig vir gesonde breinontwikkeling. Dis normaal. Regtig!
Om teruggetrokke te wees is nie ’n siekte nie. Dit is nie iets wat met medisyne reggedokter moet of kan word nie. Sommige mense is so aanmekaargesit. Introverte moet gekoester word, en het elkeen ’n unieke en spesiale plekkie in die son.
From the publisher's feed