
Sign up to save your podcasts
Or


As jy altyd soos die slagoffer voel en dink ander kom jou te na, is dit ’n goeie idee om daardie “ander mense” in jou lewe beter te probeer verstaan. As jy weet hoekom iemand op ’n sekere manier optree, is dit makliker om nie te dink alles word op jou persoonlik gemik nie.
Moenie jou vertroue op mense afdwing nie Dié ongevraagde verantwoordelikheid maak jou eintlik daardie persoon se slaaf, want nou kan jy nie anders as om binne sy raamwerk van waarheid te handel nie. So hou ons eintlik mense gevange.
Maak ’n kopskuif: Dink oor dit wat jy graag wil doen in plaas van om te tob oor alles wat jy dalk nie reg gaan doen nie! Vat ’n pen en papier en skryf neer wat jy wil bereik. Wat moet verander?
Watter vraag sou jy vra as jy enigiets kon vra? Veral as jy vir seker kon weet dat die antwoord daarop gewaarborg is om jou lewensdrome te help verwesenlik. Fokus op die oplossing eerder as die probleem.
Ons ken almal oomblikke van wanhoop. Wanneer jy geen uitkoms sien nie – dikwels wanneer slegte dinge aanhou gebeur en dit lyk asof dit nooit beter gaan word nie. Moenie dat realiteit jou hoop steel nie.
Begin jou lewe verryk deur jou lewensuitkyk te verander. Fokus op wat jy het in stede van raaksien wat jy nie het nie. Wees dankbaar vir wat jy ook al ontvang … Jou uitkyk bepaal hoe ryk jou lewe is.
Gary Player is nie net ’n meester in gholf nie, maar ook van die lewe vanweë die invloed wat hy op mense gehad het buitekant sport. Wen ’n meester elke wedstryd en elke kompetisie? Nee! ’n Meester wen nie alles nie. Maar wat maak dan van jou ’n meester?
Hoe word ons geestelik sterk om op te staan teen vrese wat ons lewe so bedreig? Jy gee onmiddellik vir dit ’n ander naam, want die naam wat jy aan iets gee, het ’n bepaalde emosie tot gevolg. Dit is nodig dat ons soms terugstaan, herbesin, ons vrees herbenoem en die lewe weer met hernude ywer aanpak.
Soms kan die verantwoordelikheid vir ons gesondheid oorweldigend raak. Om jou ingesteldheid te verander en elke dag net ’n bietjie tyd aan oefening te bestee, kan ’n groot verskil aan jou liggaam en motivering maak.
Ons is baie sterker as ons saamstaan. Die definisie van sinergie sê dat interaksie of samewerking tussen twee of meer komponente om ’n gesamentlike effek te lewer, groter is as die som van hulle afsonderlike effek.
From the publisher's feed