Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
December 06, 202221. Raak weer opgewonde oor getroud wees (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Die huwelik kan vinnig in ’n eentonige roetine verval. Dit is dan wat jy moet dink aan maniere om die woema weer in jou verhouding terug te sit. Liefkoos mekaar, gesels met mekaar en bederf mekaar. Alle huwelike het partykeer ’n bietjie opkikkering nodig. Hier is ’n paar idees ......more6minPlay
December 06, 202220. Gebruik tegnologie om julle verhouding te verdiep (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Tegnologie hoef nie paartjies uitmekaar te dryf nie. As dit reg ingespan word, kan dit ’n wonderlike hulpbron wees om ons huwelike te laat groei, weer saam pret te hê en mekaar te laat lag. Dit kan selfs julle geloofslewe saam verdiep....more5minPlay
December 06, 202219. Gesonde grense vir alles waarna julle kyk (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Jare gelede was dit makliker om al ons verhoudings rein te hou en te beskerm teen dit wat ons gesien en gehoor het. Maar met alles waaruit ons vandag kan kies, moet ons baie sekerder maak dat ons nie besig is om ongemerk in sonde in te gly nie....more4minPlay
December 06, 202218. Gesonde grense vir julle vriende (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Gesonde vriendskappe kan ’n wonderlike bydrae lewer tot ’n paartjie se sosiale lewe en geestelike groei. Die regte tipe vriende geniet nie net mekaar se geselskap nie, maar die een hou die ander een ook verantwoordbaar en bied bemoediging in moeilike tye....more5minPlay
December 06, 202217. Ken julle nog mekaar se behoeftes? (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Jy neem aan jy weet wat jou maat nodig het. Ons het die beste bedoelings en die reinste harte. Daar is egter ’n verskil tussen iemand wat jou liefhet en bederf, en iemand wat jou akkuraat liefhet en bederf. Leer mekaar se verwagtings en behoeftes waarlik ken....more4minPlay
December 06, 202216. Bou mekaar op met julle woorde (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Nie alle mense is afhanklik van woorde wat jou gewaardeerd en geliefd laat voel nie. Tog is dit so dat geen getroude paartjie sal floreer as hulle nie met die regte woorde hulle liefde vir mekaar wys nie. Komplimente en dankie sê is regtig elke dag noodsaaklik....more4minPlay
December 06, 202215. Trek grense om meer gewaardeerd te voel (oudio-kursus deur Gretha Wiid)As daar een ding is waaroor vroue boekdele kan skryf, is dit waardering en om geliefde te voel. Beplan daarom om jou grense te trek oor wat jy kan doen en waarmee jy hulp benodig. As ons nie die konsep van spanwerk snap nie, gaan ons altyd oorwerk, oorweldig en wrewelrig voel....more7minPlay
December 06, 202214. Sit die vonk terug in julle saamwees (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Hoe is dit moontlik om aanvanklik so verlief te wees en later op so ’n dooierige plek te kom? As ons eerlik is, sal ons onthou hoe baie ons van onsself gegee het aan die begin. Ons het dinge gedoen wat nie in ons aard was nie – ons het bemark om te beïndruk!...more6minPlay
December 06, 202213. Is julle nog mekaar se beste vriende? (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Dit is maklik om in ’n groef te verval: opstaan, werk, oorleef, eet, slaap en herhaal. En voor jy jou kom kry, is julle een van die paartjies wat nie meer pret het en mekaar se beste pelle is nie. ’n Huwelik waar dit nie meer lekker is om by mekaar te wees nie, word noodwendig oor tyd ’n huwelik wat swaar trek....more6minPlay
December 06, 202212. Ware intimiteit is die gom wat julle saambind (oudio-kursus deur Gretha Wiid)Intimiteit word dalk deur die meeste mense gesien as iets wat jy agter ’n toe deur in die arms van jou geliefde ervaar. Die waarheid is dat om intiem te wees, meer is as romanse en seks. Ware nabyheid is die diepe wete dat jy emosioneel veilig is by jou maat en jouself kan wees....more7minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.